Toe Marlie en Anton mekaar ontmoet, lyk dit soos ’n sprokie wat waar geword het — twee siele wat in mekaar se liefde rus vind. Maar agter sy sagte woorde en oënskynlike toewyding skuil iets donker, iets wat stadig aan hul huwelik begin vreet. Sy laatnagte by die werk, sy wispelturige buie, en die reuk van alkohol wat sy probeer ignoreer, word die vonke van ’n hel wat stadig ontvlam. Terwyl Marlie veg om haar man se liefde te red, moet sy die verskriklike waarheid in die oë kyk: liefde kan nie altyd red nie — soms vernietig dit.
Klatergoud
Price range: R99.00 through R179.00Jandre Vermeulen is gebore om te erf – grond, rykdom en ’n naam wat respek afdwing. Sy lewe is reeds vir hom uitgestippel, tot Marlie, die bywoner se dogter, sy wêreld omkeer. Wat begin as herinnering, word ’n verbode verlange en uiteindelik ’n liefde sonder grense.
Tussen trots, klas en familie druk moet Jandre kies: bly hy in ’n wêreld van skyn, of waag hy alles vir die liefde wat hom werklik vry maak?
’n Passionele liefdesverhaal oor verbode liefde, keuses en die krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.