Price range: R119.00 through R329.00

Vlug 237

Hierdie spanningsverhaal ontvou teen die agtergrond van 1987 se onstuimige politieke klimaat. Die raaisel begin met die tragiese neerstorting van die Helderberg, gevolg deur geheimsinnige voorvalle oor verskeie lande heen: ’n joernalis verdwyn in Tsjaad, ’n Franse diplomaat sterf onder vreemde omstandighede in Botswana, en ’n geheimsinnige man verdwyn in Jerusalem. Intussen ontvang ’n afgetrede Mossad-agent ’n gekodeerde boodskap, en ’n vreemde vliegtuig land by Waterkloof. Wie stuur ’n roosblaar as waarskuwing? Wat verbind al hierdie gebeure? Is dit toevallige insidente of dele van ’n veel groter geheime komplot?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-92851-501-2 N/A ,

Meet The Author

Op 28 November1987, stort die Helderberg, Suid Afrikaanse Lugdiens vlug 295, met 159 mense aan boord in die see naby Mauritius. Daar was geen oorlewendes nie.
Dit was ʼn onstuimige jaar. Suid Afrika gaan gebuk onder buitelandse boikotte. Verskeie klandestiene organisasies werk onverpoos om dié boikotte te omseil.
ʼn Reisjoernalis van Pretoria verdwyn vanaf haar toerbus in die onherbergsame woestyn van Tsjaad tussen N’Djamena en Khartoem. ʼn Franse diplomaat word dood aangetref deur ʼn Britse TV span by die Makgadikgadi-panne in Botswana.
ʼn Stil, onbekende man wat voorgee dat hy ʼn vryskut skrywer is, smelt weg tussen ʼn groep internasionale verslaggewers by die befaamde American Colony hotel in Oos-Jerusalem. Ter selfde tyd is daar toenemende onluste en gerugte van ‘n opstand onder die Palestyne.Waaraan werk hy agter geslote hekke by Ben Gurion lughawe?
ʼn Afgetrede Mossad agent in die ou hawestad van Jaffa ontvang ʼn boodskap: “Die walvis het Donderdag vir Jonah ingesluk.”
ʼn Vreemde vliegtuig land in die vroeë oggendure by Waterkloof.Wie stuur ʼn verjaardagkaartjie met slegs ʼn verlepte pienk roosblaar as boodskap? Waarom is die Franse diplomaat se beeldskone weduwee toevallig daardie middag in Sandton City?
Hoe is die gebeure gekoppel of enigsins aan mekaar verwant? Wat is die werklikheid en wat is slegs onbevestigde gerugte?

Book Type

, ,

Language

Age Group