Giel Woest, ’n voormalige skoolhoof, word valslik van verkragting beskuldig deur sy kleindogter, Christelle, en vervreem van sy familie. Ná sy tronkstraf verdwyn hy na Port St Johns, waar hy ’n wese, Inge, uit die see red. Terwyl hy vir haar sorg, begin sy dogter Petro vermoed dat Christelle gelieg het en gaan soek na haar pa. Hierdie aangrypende verhaal handel oor skuld, vergifnis, gesinsvervreemding en die soeke na heling—én oor ’n kind wat dalk vir Giel ’n tweede kans op liefde bied.
Ek is Piet
Price range: R99.00 through R279.00Wie is Piet? Vir die meeste mense is hy net nóg ’n boemelaar – vuil, mank en sonder ’n adres. Mense kyk weg, trek hul neuse op en stap vinniger verby. Niemand vra vrae nie. Niemand wil sy storie hoor nie. Maar elke mens dra ’n verlede saam. Terwyl Piet sukkel om met ’n besmette wond, honger en vernedering te oorleef, ontvou daar stadig ’n verhaal van verlore drome, gebroke verhoudings en keuses wat ’n lewe onherroeplik verander het. Die wêreld sien net die man langs die straat, maar agter die vuil baard en verslete klere skuil ’n mens met ’n naam, ’n geskiedenis…

marthapoller –
Hierdie boek van Francois Stemmet is een uit ‘n duisend! Jy lees nie net die boek nie, jy beleef ‘n mens se lewe, sy hartklop, sy verliese, sy eensaamheid. Giel was in die tronk oor hy glo sy kleindogter verkrag het, en hier red hy ‘n dogtertjie se lewe en sy bly nou by “Oupa”. Jy vrees elke oomblik vir wat volgende gaan gebeur of nie gaan gebeur nie. Ek was vreemd verlig toe ek die boek kon neersit aan die einde. Maar dit is toe wat die boek weereens met my begin praat en my nie wou uitlos nie. Soveel eerlike, rou emosies en vreeslose liefde van Giel!
Baie dankie vir ‘n wonderlike boek, Francois. Werklik ‘n boek om te lees.