Juffrou Andri Roeder se “Reënboë en Skatte” is ‘n bundel geskryf deur Andri Roeder op 40-jarige ouderdom. Sy is ‘n gekwalifiseerde kleuterskool onderwyseres met baie ondervinding in die onderrig van kinders, voorskoolse ouderdom tot en met graad 7. Die bundel is geskryf vir 4-8 jariges.
Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het. Haar stories is dikwels vol lewenslesse en haar eie grootste lewensles is “As die son nie vandag skyn nie sal hy môre weer skyn en as hy nie dan skyn nie, sal hy volgende week of volgende jaar skyn: skyn sal hy skyn”. Dit is ook die boodskap van haar storie “Die son wat nie wou skyn nie” wat deel is van die bundel. Geniet die bundel! Die doel daarvan was om kinders genot te verskaf, maar ook lewenslesse te leer.
My Klankeboekie 1
R109.00Andri Roeder is ‘n gekwalifiseerde Voorskoolse en Graad R onderwyseres, met ondervinding in grondslagfase onderrig. Die aanleer van klanke vorm ‘n belangrike grondslag in leesvaardigheid. Deur hierdie boekie kry die grondslagfase leerling die geleentheid om sy leesvaardigheid te vorm en verbeter. Daarmee saam het elke kort klanke storietjie ook ‘n inkleurprentjie vir ekstra genot.

Reviews
There are no reviews yet.