Maats, julle is baie belangriker as wat julle ooit sal besef. Julle is vandag se kinders en môre se grootmense. Daar het so baie dinge in die verlede gebeur waarvan julle moet weet. Dit is hoekom hierdie boek geskryf is. Julle moet weet van die dapper mense wat dapper dinge gedoen het om vir julle ’n land te gee waar God regeer.Net soos julle vandag kinders is, was daar ook baie kinders wat dapper dade gedoen het. Kinders wat alles gegee het, al was dit soms moeilik.
In hierdie boek gaan ons saam op ’n groot avontuur deur ons verlede. Ons gaan lees van Wolraad Woltemade en sy dapper perd; van Dirkie Uys wat sy pa gaan help het toe die Zoeloes hulle aanval; van die dapper kinders wat in ’n dam gespring het om hulle maats te gaan red. Daar is soveel stories van dapper grootmense, maar ook van dapper kinders. Ons kan vandag Afrikaans praat en na Afrikaanse stories luister omdat hierdie dapper mense gehelp het om ons taal te bou. ’n Taal wat so mooi is, ’n taal met die naam Afrikaans.
Kom reis saam en geniet die stories!
Skadu van misleiding (Groot Druk)
R259.00Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Reviews
There are no reviews yet.