Smiley Solomon neem die skuld op hom vir die moord op ’n polisieman — ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. In ruil daarvoor belowe sy beste vriend, Vaatjie Daniëls, om na sy swanger vrou en ongebore kind om te sien. Maar beloftes breek maklik op die Kaapse Vlakte. Vir twaalf jaar oorleef Smiley die brutaliteit van Pollsmoor met net een kosbare besitting: ’n klein vuurhoutjiedosie met foto’s van die dogtertjie wat hy nooit leer ken het nie. Wanneer hy uiteindelik op parool vrygelaat word, ontdek hy dat Vaatjie ’n gerespekteerde gemeenskapsleier geword het, terwyl sy eie lewe in puin lê. Nou staan Smiley voor ’n keuse: wraak neem op die man wat hom verraai het, of sy pyn gebruik om die dogter te vind wat nie eens weet hy bestaan nie. Die Vuurhoutjiedosie is ’n rou, emosionele verhaal oor skuld, verraad, vergifnis en die krag van hoop in die donkerste plekke.
Moord rym nie
Price range: R89.00 through R219.00Sewe vreemdelinge. ’n Afgeleë kasteel teen ’n misbedekte berg. En limerieke wat in bloed geskryf word. Toe die land in inperking gaan, aanvaar De Wet Coetzee ’n oënskynlik onskuldige uitnodiging om die afgesonderde Reed-kasteel te gaan oppas. ’n Kans om weg te kom. ’n Kans om weer te skryf. Maar skaars het die gaste hul kamers betrek, of ’n donker rympie wag op elkeen — ’n waarskuwing oor skuld wat nie afgewas kan word nie. Wanneer die eerste limeriek in bloed teen ’n muur verskyn, besef hulle: iemand speel nie speletjies nie. Elke vers ontbloot ’n geheime sonde. Elke rym voorspel ’n dood. Afgesny van die buitewêreld. Geen ontsnapping. Geen hulp. En wanneer De Wet die enigste oorlewende is, begin die ware vraag: Wie het die limerieke geskryf? En wat as die digter nog lank nie klaar is nie?

Reviews
There are no reviews yet.