Riana se storie ontvou as ’n kragtige reis van selfontdekking teen die agtergrond van ’n klein dorpie en daarna universiteit. Van kindsbeen af is sy anders: sy blink uit in tradisioneel manlike sporte en worstel hewig met die verwagtinge van haar ouers en die gemeenskap oor vrouwees. Wanneer sy haarself as lesbies en diep vervreemd van haar geslagsrol beleef, begin ’n intense soeke na aanvaarding – nie net by ander nie, maar ook by haarself. Die roman ondersoek haar emosionele stryd, komplekse verhouding met haar ouers, botsings met godsdienstige gesag, en haar pogings om sin te maak van haar plek in die wêreld. Swaar tema’s van verwerping, selfhaat, diskriminasie, én liefde sny diep deur die verhaal. Tog bring volgehoue vriendskappe, haar ouers se onvoorwaardelike liefde, en ’n groeiende selfvertroue uiteindelik hoop. Riana besluit om ’n nuwe geloofsgemeenskap op te bou – ’n tuiste vir “verstoetenes” soos syself. ’n Ontroerende, aktuele en eerlike roman oor identiteit, geloof, en die veg vir jou reg om jouself te wees.
Die erfenis van Mansgenoeg
Price range: R109.00 through R239.00Toe die gerespekteerde boer Herklaas onverwags sterf, laat hy meer as net vier plase aan sy seuns na – hy laat ‘n erfenis vanwaardes, lojaliteit en familie-eenheid na. Danie, Gerrie, Jakkie en Braam staan voor die uitdaging om dieuitgestrekte boerdery van Mansgenoeg saam te bestuur. Terwyl liefde blom, harte breek, nuwe verhoudings ontstaan en moeilike besluite geneem moet word, word die broers se band telkens op die proef gestel.
Sal die erfenis van hulle vader sterk genoeg wees om hullebymekaar te hou wanneer die storms van die lewe oor die vlakte losbreek?
‘n Aangrypende familie-sage vol liefde, verlies, hoop en dieonverbreekbare bande van broederskap.

Reviews
There are no reviews yet.