’n Diep seerkry het gemaak dat Jacques Louw alles op Rietput net so agterlaat en vyf jaar in die Sahara woestyn nesskop. Die Sahara is groot en ongenaakbaar. Net die dapperste onder die dapperes oorleef daar. Tussen die duine en woestynmense, vind hy heling vir sy gefolterde siel. Verlange, en die veiligheid van sy geliefde Arabiese hings, dryf hom egter terug na sy geboortegrond in Suid-Afrika.Terug op Rietput word Jacques geteister deur drome oor die Sahara. Dit vat hom na die Oase van Shakira waar ’n meisie met koringblonde hare en lippe wat granaatrooi glinster agter ’n liggroen sluier sy kop en hart deurmekaarkrap.
Hy skrik een oggend wakker met die reuk van wierook en eksotiese parfuum in sy neus. ’n Stringetjie silwer klokkies lê op die mat en ’n stukkie groen materiaal onder sy bed. Is sy prinses van die duine ’n droom, of werklikheid?
Drie jaar later word sy ma ontvoer. Die losprys; sy pikswart hings. Dit dwing hom terug op die spore wat hy geloop het in die Sahara; waar die een na die ander verassing op hom wag, én die leser se tone laat krul van die lekkerte.
Bloedrooi Papawers (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.
