Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.
Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland…
En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.
Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.
Sending Woestynwolf (Grootdruk)
R169.00Wanneer ’n mediese tent in die Sudanese woestyn deur ’n aanval getref word, verander dokter Anja Siebert en haar kollegas se wêreld in ’n nagmerrie. Dokters word ontvoer, onskuldige mense vermoor en ’n seuntjie, Yara, verloor sy ma. Te midde van die chaos word ’n reddingsoperasie van stapel gestuur deur kaptein Gustav Minnaar en sy spesiale magte-span.
Vir Libbie Perreira is die verlede skielik weer lewendig. Die man vir wie sy eens lief was, staan nou aan die ander kant van die geweer.

Reviews
There are no reviews yet.