Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.
Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland…
En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.
Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.