Christelike Fiksie
Mirna Castiglione is die eienares van Golden Centuries Antiques wat in Sandton geleë is. Van die oog af lyk dit of alles in haar lewe perfek is, maar helaas nie. Almal het ‘n kruis om te dra. Drie jaar nadat sy haar man aan die dood afgestaan het, vind sy uit dat sy ‘n halfbroer het. Dylan Smith is ‘n misverstane punk en is ook deur die een trauma na die ander. Wanneer hy nêrens gehad het om heen te gaan nie, het Mirna hom onder haar vlerk geneem. Sy aanvaar hom net soos wat hy is en stap vir stap, volg hulle die pad wat na innerlike genesing lei. In Pêrel word verskeie sensitiewe kwessies met deernis aangeraak. Die leser word deel van Mirna en Dylan se wêreld en ervaar die oomblikke van hartseer en vreugde saam met hulle. Die lewe is beslis nie altyd maanskyn en rose nie, maar is vol kosbare oomblikke en genotvolle herinneringe wat alles die moeite werd maak. As jy besluit om die lewe deur God se oë te sien, kan en gaan jy bo jou omstandighede uitstyg.
Hagar
Price range: R109.00 through R299.00Soms moet ons as vroue onsself gaan soek in die lewenswoestyn. Die vrou wy haar lewe as onderdaan aan die man en tot waar is jy bereid om vir die liefde te veg? Selfs ’n leuen probeer leef om jou man te beskerm of beskerm jy daardeur jouself?
Met die lees van Hagar het ek besef geen sirkel is of word voltooi sonder die soeke na ons eie identiteit nie en met die slot in hierdie selfondersoekende boek van Hagar kan ek saam met Hagar getuig: “My waarde, my identiteit, is nie gesetel in al hierdie aardse dinge nie.

Reviews
There are no reviews yet.