Welkom by Olienhoutdam, waar NIKS ooit normaal is nie! Hier verdwyn sokkies in geheimsinnige wasmasjiene, skilpaaie hou
toesig oor vuil borde, en ’n inkvis met ’n professor-graad verskyn sommer skielik op OumaRi se vensterbank. Wanneer
Jors, Marries, Michie en Chelly by hulle ouma gaan kuier, is daar nooit stilte nie – net planne, ploffende
pannekoekwedstryde, spookstoepstories en ’n roomys-reënboog of twee. Met Professor Tentaklus (’n briljante inkvis wat
glo hy’s ’n nuusleser) as gids, ontdek die kinders dat vakansie nie net rus beteken nie … dit beteken avontuur, chaos
en lagbuie wat selfs grootmense laat kopskud. Van tandevlosmonsters en bande-bakleiery tot geheime boodskappe in ink,
elke storie is ’n mallemeule vol humor en hart. So, maak jou skoene los, klim saam op die stoep en sluit aan by die
Inkvisklub. Want by Olienhoutdam leer jy gou: selfs ’n gewone dag kan eindig as ’n storie wat jy nooit vergeet nie!
Sieraad uit as
Price range: R79.00 through R179.00Uit pyn word geloof gebore. Uit verlies – lig. Sieraad uit As is ʼn diep roerende bundel verhale oor vroue wat deur vuur
gegaan het en tog nie verteer is nie. Elke verhaal dra die egtheid van ʼn hart wat gebreek, getwyfel, gesukkel en weer
opgestaan het. Van die vrou agter die agterdeur tot die een wat in stilte vergewe; van die wat haarself verloor het tot
die wat weer gekies het om te leef – hierdie stories fluister van hoop, genade en tweede kanse…

Reviews
There are no reviews yet.