Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing Van toeka tot nou
Price range: R99.00 through R350.00Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing (wat ongeveer 20 kilometers van Knysna en 59 kilometers van George is), word deur sommige mense as die mooiste en mees diverse gebied in ons land beskou. Woorde wat gebruik word om die area te beskryf is gewoonlik “lushof”, “pragplek”, “paradys” en “verskeidenheid”. Die natuurreservaat van 2500 hektaar bestaan uit verskillende tipes fynbos en woude, sowel as uit vleilande, vloedvlaktes, ʼn varswatermeer en ʼn riviermonding terwyl die marienereservaat uit ʼn kuslyn van ongeveer 18 kilometers bestaan. As gevolg van die mooi en diverse omgewing word verskeie (en skaars) voëls, visse, diere sowel as plante en boomspesies hier aangetref. Behalwe dat die omgewing baie mooi en divers is, het die gebied ʼn baie ryke geskiedenis wat reeds in die 1700’s ontstaan het. Marius Bakkes, historikus en skrywer beskryf die boek soos volg: “Baie interessant, insiggewend, volledig, boeiend en maklik leesbaar.”
