Hofsaak van die Dood
Price range: R99.00 through R299.00Die span wat op hierdie ondersoek werk is meedoënloos en bestaan uit senior advokaat Zeya Dreyer Coetzee, met haar ondervinding van haar eie ontvoering wat haar dryf; haar man, Mantie Coetzee, ʼn FBI agent wat die hel van sy vrou se ontvoering moes deurleef; en dan agent, Jade Kendrick, ʼn vrou wat vir jare die hel van verkragting deur haar vader moes deurstaan. Hierdie span, met die hulp van baie ander, sal geen steen onaangeraak laat om hul vriendin lewend te vind nie.
Wat gaan hul vind? Wie is verantwoordelik vir die verdwyning van hierdie geliefde jongvrou? Kan dit dalk vergelding wees? Gaan hulle haar kry, lewend of dood?
