EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Hoop Beskaam nie

Price range: R99.00 through R209.00

Siegfried, ‘n eenstrotse man, leef afgesonder op ‘n strand naby die Kaap, sy hart verstrengel in die verlange na sy verlore vrou, Jovanna. Ná jare van wag op ‘n skip wat haar terug sou bring, begin sy hoop vervaag. Wanneer Lillie, ‘n fyn, dog sterk vrou, in sy lewe verskyn, verander alles. Haar warmte en deursettingsvermoë bring ‘n nuwe doelwit vir hom. Stadig maar seker word hy losgeruk uit sy selfopgelegde isolasie. Die verhaal kronkel deur verlange, aanvaarding en die uiteindelike bevryding van die verlede. Siegfried ontdek ’n nuwe lewe, ‘n familie wat hy nooit verwag het nie en ‘n tweede kans op liefde en tuiskoms.

Die Hoop Beskaam Nie is ‘n verhaal van verlore drome, rou pyn en die onverwagte skoonheid van ‘n nuwe begin

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoo Liefde

Price range: R99.00 through R229.00

Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike keuse.  Wanneer Herman en Mia se paaie onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos – ’n huwelik sonder beloftes van liefde. Maar die Karoo hou nie van half waarhede nie.  Karoo Liefde is ’n roerende verhaal van tweede kanse, genesing en liefde waar jy dit die minste verwag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoo Liefde (Groot Druk)

R319.00

Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is
swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet
waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n
toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike
keuse: trou binne ’n beperkte tyd, of verloor alles waarvoor hy en sy ouma geswoeg het. Wanneer Herman en Mia se paaie
onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Langs die Spoorlyn

Price range: R69.00 through R179.00

Langs die Spoorlyn neem die leser op ‘n nostalgiese reis na ‘n klein spoorweggemeenskappie waar treine nie net roet en
geraas bring nie, maar ook die stories van sy mense. Die rooi baksteenhuisies, met hul skewe hekkies en windverwaaide gordyne, is die agtergrond vir ‘n lewe vol skinderpraatjies, lief en leed, en ‘n sterk gemeenskapsgevoel.Te midde van die reuk van varsgebakte brood uit die Jood se winkel en die kreunende 702-lokomotief teen Doornberg uit, ontvou die lewens van karakters soos Siena, die haarkapster, Hetta met haar spaarplannetjies, en Niek, die nuwe stasievoorman met ‘n brose huwelik en ‘n gevaarlike aantrekkingskrag tot ‘n ander man se vrou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde is ‘n Kuns

Price range: R89.00 through R219.00

Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou? Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skedonkie en die Erfdeel

Price range: R79.00 through R199.00

Wanneer die koppige maar geliefde Oom Nols weier om van sy ou motor, Skedonkie, afstand te doen, begin sy dogter en kleinseun bekommerd raak oor sy gesondheid en toekoms. Wat aanvanklik ’n eenvoudige gesprek oor ’n testament en ’n nuwe motor is, groei uit tot ’n diep ontroerende verhaal oor familie, verganklikheid en die bande wat geslagte verbind.

Deur klein oomblikke, ’n rit in die ou motor, ’n geselsie by die familiebegraafplaas, of ’n laggie oor ou herinneringe, ontdek André en sy oupa dat daar meer erfenis is as geld of grond: dis liefde, wysheid en stories wat oorleef. Skedonkie en die Erfdeel is ’n hartroerende familieverhaal vol humor, nostalgie en die sagte pyn van afskeid, ’n eerbetoon aan die eenvoudige dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wedloop van die Hart

Price range: R99.00 through R249.00

In 1994, lank voor selfone en kitsboodskappe, kruis twee mense se paaie tydens ’n eenvoudige oggenddraf – en niks verloop weer volgens plan nie. Carlana Marais is jonk, lewenslustig en vasberade om haar eie reëls te maak, selfs al beteken dit om haar pa se streng beskerming uit te daag. Dirk Fourie is ’n man met ’n verlede wat hom hard en ongenaakbaar gemaak het, en ’n hart wat hy lankal toegesluit het. Wat begin as botsende persoonlikhede en skerp woorde, ontwikkel stadig in iets dieper – ’n wedloop tussen vrees en vertroue, pyn en genesing. Maar spoke uit Dirk se verlede en Carlana se onverskrokkenheid dreig om alles te ontspoor. Wedloop van die hart is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, innerlike krag en die moed om weer lief te hê, selfs wanneer die hart nog bang is om te hardloop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page