Langs die Spoorlyn
Price range: R69.00 through R179.00Langs die Spoorlyn neem die leser op ‘n nostalgiese reis na ‘n klein spoorweggemeenskappie waar treine nie net roet en
geraas bring nie, maar ook die stories van sy mense. Die rooi baksteenhuisies, met hul skewe hekkies en windverwaaide gordyne, is die agtergrond vir ‘n lewe vol skinderpraatjies, lief en leed, en ‘n sterk gemeenskapsgevoel.Te midde van die reuk van varsgebakte brood uit die Jood se winkel en die kreunende 702-lokomotief teen Doornberg uit, ontvou die lewens van karakters soos Siena, die haarkapster, Hetta met haar spaarplannetjies, en Niek, die nuwe stasievoorman met ‘n brose huwelik en ‘n gevaarlike aantrekkingskrag tot ‘n ander man se vrou.
