As peperbome kon fluister
Price range: R129.00 through R299.00In ’n tyd waar oorlog die land verskeur en vroue en kinders dikwels die hoogste prys betaal, bly geloof, liefde en dapperheid die enigste ankers. Christie, dogter van ’n Boer op kommando, sien haar wêreld verbrokkel toe Britse soldate hul plaas betree – en iets in haar vir altyd verander. ’n Enkeling tussen die vyand, ’n jong Ierse soldaat met deernis in sy oë, waag dit om op te staan teen die bevel om die plaas en alles daarop, te verwoes. In ’n oomblik van genade word ’n plaas gespaar – maar teen watter prys? As peperbome kon fluister is ’n roerende roman wat die stemme van vroue, kinders en onbekende helde van die Anglo-Boereoorlog laat leef – met fluisteringe wat selfs vandag nog weerklank vind.
