Madefu Boek 1 Madefu se Dieregiere en Goggageite
Price range: R119.00 through R259.00Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
Is daar ‘n Môre deur Sybie Kleynhans se pen is ‘n interessante verhaal. Die karakterisering en gedrewe dialoog dra by tot ‘n plot wat nie rem aanslaan nie. Die gebeure in die verhaal wat vinnig op mekaar volg, dra by tot ‘n spannende plotstruktuur. Die gevolg is dat die leser nuuskierig voortlees.
Sybie Kleynhans se skryfstyl in hierdie boek is diep emosioneel en karaktergedrewe, en fokus op die ingewikkelde verhoudings en innerlike onstuimigheid van die karakters. Die vertelling is ryk aan lewendige beskrywings en onverwagte plotwendings, wat lesers se aandag betrokke hou soos die verhaal ontvou.
Hoe gaan Gerhard se seer, bloedpad loop en gaan hy en die duindanser ooit geluk vind?
Die boek spreek van sy lewe vol liefde, haat, moord en verraad. Na die twee vroue wat in sy lewe verskyn het, kort na mekaar sterf, gaan die derde een vir Brandt geluk bring?Of gaan die lewe se dobbelsteen weereens verkeerd vir die avonturier rol?
Sal Gerhard ooit die geluk en liefde vind wat hy verdien?
Sy ongelooflike kennis van diere, veral leeus, laat hom op ‘n leeuplaas beland. Maar sy verlede, as ‘n oud gevange haal hom telkens in en hy moet van werk verander.
Selfs sy romantiese lewe word verpletter, en onskuldig word hy telkens verraai.
As kaptein Ferguson by Constant hoor wie Dalton se ouers is, neem die saak ‘n heel ander wending.
Word die reeksmoordenaar gevind? Wat het Dalton se ouers met die saak te doen? Die kan wurms wat hulle oopmaak is op die einde baie groter as wat hulle ooit kon verwag.
Na ‘n baie traumatiese gebeurtenis in Pascal se lewe, spits hy hom toe op baie meer as die cannabis-handel en raak gou ‘n gehate teenstander in die onderwêreld. Daar is net een probleem, hulle kry hom nie in die hande om hom te elimineer nie.
Die familie word geskud deur ‘n paar ontdekkings uit die verlede. Sal hulle dit deurstaan? Sal Pascal dit regkry om sy oom se dood te wreek en self lewend daar uit te kom?
Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe ’n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?
Riaan Nel kry meer as waarop hy gehoop het toe hy een aand wens hy was in in vrou de skoene, en sy in syne.
In die verhaal: Die Ontsnapping – raak Raya, jonk, ongekunsteld en naïef, verlief op Shaun O Reilly, onwetend van die donker kant wat verskuil lê agter sy sjarme. Die bundel word afgesluit op ’n hoë noot, wanneer Lou Stadler selfs moord sal pleeg om om te kry wat hy wil hê.
My hoop is dat elke persoon wat Vreemde Paaie lees, die kombinasie van kortverhale en gedigte sal geniet en dat dit saam met die verskeidenheid van genres sal sorg vir goeie ontspanning.
Vyf-en-twintig jaar later benodig Linda dringend ʼn Restaurant Bestuurderes. Sy adverteer die pos in die koerant. Byna dadelik reageer ʼn jongvrou, Mirandrey Nel, op haar advertensie. Op daardie stadium beklee sy dieselfde pos by ʼn baie bekende seekosrestaurant in Bellville en wil dringend wegkom uit die stad. Linda kan haar geluk nie glo nie.Uit die staanspoor verbeel Linda haar dat die meisie bekend lyk, maar sy durf nie vrae vra nie. Wie is die meisie? Hoekom het sy Bloemhof toe gevlug? En na wie lyk sy dat dit so aan Linda knaag?
Mantie Coetzee verklaar sy liefde aan haar. Tog blyk dit of haar drome vervul gaan word. Haar gesin en Mantie ondersteun haar en sy verruil Namakwaland vir die loopplanke van New York.
Sy behaal vinnig sukses en word DB Design Studio’s se vars nuwe gesig wat oral op advertensieborde pruik regoor New York. Haar werkgewer, Darryl Boyer, is meer as in sy skik met sy nuwe ‘wunderkind’, maar het heeltemal ander planne vir die beeldskone, onskuldige sonskyn meisie van Namakwaland.
Dit is waar alles onherroeplik begin verkeerd gaan. Zeya se drome van gister het haar byna haar lewe gekos. Sy beland in die hande van gewetenlose mensehandelaars. Gaan hulle haar lewendig vind?
Ulricke se lewe verander drasties as die man wat verantwoordelik was vir haar familie se dood, Xavier de Goede, ʼn gevorderde bestuurskursus by Audi in Duitsland gaan bywoon. Die vrouejagter begin vlerksleep by Valeska, wat heel onbewus is van Ulricke se traumatiese verlede.
Wat gebeur as Ulricke uitvind dat Xavier de Goede hier onder haar neus is, en besig is om haar vriendin die hof te maak? Wie gaan hierdie briljante, maar eensame jongvrou bystaan?
Drie uiteenlopende verhale.
Sy het een getroue vriend wat sy gemaak het tydens haar verdwyning. Een mens wie sy kan vertrou, wat nie weet van die bestaan van Willow Logan nie. Ook n FBI Agent soos sy dit is haar bes bewaarde geheim haar eintlike beroep.
Nadat sy die grootste opdrag van haar lewe ontvang het een wat niemand anders eers sou dink om te aanvaar en uit te voer nie verander haar lewe.
Wat het in die tyd gebeur wat Willow Logan verdwyn het? Wat gebeur wanneer sy teruggaan na die plek waar sy haar bekwaam het as FBI Agent? Gaan sy ooit geluk smaak en wie is Willow Logan?
As gevolg van verskriklike trauma wat sy opdoen, is haar skoolloopbaan ’n hel wat sy net om wens. Sy sukkel om te leer, die stemme in haar kop wil haar mal maak, en sy word geteister deur verskriklike drome. Sy dink sy het die monster van haar verlede agtergelaat, wanneer net nog verskriklike dinge met haar gebeur deur haar matriekjaar. Wanneer sy gaan studeer in Wellington, glo sy haar lewe en geluk het gedraai wanneer sy met die eerste oogopslag verlief raak op ‘n mede-Suidwester en haar kamermaat se neef. Min het sy besef dit is net die begin van nog baie hartseer, verraad en verwerping in haar lewe.
Wat gaan van Imelda Schenk word? Gaan sy ooit geluk en vrede vind? Of gaan die monsters van die verlede haar insluk?