Oorbegin
Price range: R59.00 through R159.00Die sewentienjarige Karlyn se ma lê gekoppel aan masjiene, maar Karlyn kan glad nie onthou hoe dit gebeur het nie. Wanneer sy voel die lewe druk te veel, gaan slaan sy balle rond op die tennisbaan. Dis waar sy Dirk gedurende die skoolvakansie ontmoet. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, al is hy ’n paar jaar ouer as sy.
Groot is haar skok toe sy met die eerste skooldag van die kwartaal ontdek dat Dirk die nuwe onnie by haar skool is, boonop is hy haar register- en wiskunde onderwyser. Maar, die hart laat nie vir hom voorskryf wie jy mag liefkry nie. Na dreigemente deur die skoolhoof, bedank Dirk as onderwyser omdat hy baie vir Karlyn omgee. Gaan Karlyn en Dirk se verhouding staande bly deur al die drama?
