Sagvat in die lewe se hardvat
Price range: R99.00 through R179.00Die lewe vat soms hard.
Dit laat letsels, breek harte, steel drome en dwing mense om paaie te stap wat hulle nooit sou kies nie. Tog is daar tussen die pyn ook lig. In die glimlag van ‘n karwag. In die verlange van ‘n vader wat wag. In die moed van ‘n ma wat nooit ophou soek nie. In die sagtheid van mense wat kies om lief te hê, selfs wanneer die wêreld hard en genadeloos raak.
Sagvat in die Lewe se Hardvat is ‘n aangrypende bundel kortverhale wat die leser neem op ‘n reis deur verlies en versoening, geloof en twyfel, eensaamheid en hoop. Chris Jansen skryf oor gewone Suid-Afrikaners – mense soos ons – wat struikel, val en weer opstaan. Hierdie verhale sal jou laat glimlag, laat huil en jou herinner dat selfs in die donkerste nag, daar altyd lig is vir dié wat aan hoop bly vashou.
