Sterrevegters Boek 7 Die oorlog
Price range: R109.00 through R229.00Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoïede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?
