Skadu van Onheil
Price range: R99.00 through R259.00Hulle ontdek hoop, genesing en liefde te midde van donker geheimenisse en emosionele stormwinde. Sal hulle die moed vind om mekaar se laste te dra en die skaduwees van die verlede te oorkom?
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Hulle ontdek hoop, genesing en liefde te midde van donker geheimenisse en emosionele stormwinde. Sal hulle die moed vind om mekaar se laste te dra en die skaduwees van die verlede te oorkom?
Shilo, Koningin van Harte is ’n verhaal van hoop, misterie, en die magiese toevallighede wat ons lewens rig. Laat hierdie roman jou wegvoer na ’n wêreld waar die seebries die verlede fluister, en nuwe beginne wag om ontdek te word.
“Vertel, sal ek jou móét vertel.”
Wat is Nélia se geheim en hoe gaan dit haar toekoms raak?
Anri kyk verontwaardig na die ses voet vier … en ‘n halwe duim lange man en wens sy was ’n man … ses voet výf duim lank … en met net sulke groot hande soos syne, dan sou sy hom behoorlik gefoeter het omdat hy steeds nie maniere het nie. Anri dink daaraan dat sy nie normaalweg die veglustige tipe is nie, maar as die eerste man waarop sy verlief is … en sy rol haar oë en skud haar kop … die man is ‘n buffel besluit sy, trek haar pragtige lyfie penregop en kyk uitdagend na hom…
Die storie bied ‘n kombinasie van avontuur, emosionele drama en ‘n tikkie romanse, waar die dinamiek tussen die vrye gees van die boemelaar en die gestruktureerde lewe van die dame kernkomponente vorm.
Die spanning bereik ‘n hoogtepunt wanneer Hugo Storm naby is om die waarheid agter die vervalste dokumente, onopgeloste moorde en die ontvoering te ontdek.
Gripping, atmospheric, and packed with emotional twists, *Utterly Deceived* is a suspenseful tale of lost identity, betrayal, and the dangerous depths of deception.
Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.
Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.
Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap – net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo … of hoop dat sy hom lief kan hê?
Sterrevegters is ’n ruimte-fiksie wat bestaan uit 5 boeke met episodes.
Maak gereed vir ‘n epiese reis deur verre sterrestelsels, sonnestelsels en planete in die eerste boek van die Sterrevegters-reeks. In ‘Magte, Kragte én Helde’ sal lesers op ‘n opwindende avontuur gevul word met spanning, aksie en intrige geneem word.
Volg die storie van twee jong seuns, Rommozor en Tallottara, terwyl hulle aan hul lotgevalle bekendgestel word – een as ‘n draer van die Donker Mag en die ander as ‘n verdediger van die planeet Raggamajos. Soos hulle in mans groei, bly die uiteindelike vraag – wie sal as oorwinnaars uit die stryd tree, goed of kwaad?
Maats, kom deel in Xandri se atletiek-avonture en gaan saam met haar op haar avontuur-reis en leer ‘n waardevolle les om vreemdelinge nie te vertrou nie. Maak saam met haar nuwe maats met Sepie die seeperdjie en Dolfie die dolfyn wat haar red uit die monster-tande van Herman Haai.
Kom kleur jou verbeelding in met stories wat jy sal onthou.
“’n Paar inwoners van die dorp het blykbaar ook ‘n voorwerp waargeneem wat vinnig in die rigting van die koppie beweeg het …”Na die berig gelees is, besluit die drie maats om ondersoek te gaan instel na die bewerings. Watter wedervaringe wag op hierdie drie maats?
Het Adam regtig die krag om met bye te gesels? Indien jy nuuskierig is… lees die boek.
Die kinders besef nie watter avontuur vir hulle wag nie. Wie of watter dier se spore is daar in die grot? Wat doen die leeuwelpies in die grot, en die leeuwyfie? Is die kinders in lewensgevaar?