Keur van verhale 1
Price range: R59.00 through R159.00Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.
“Die lewe gee ons ruimte om dit te vul met gedagtes van onthou wanneer ons vereensaamd voor die oudag staan.
Maar dit gee ook aan ons die voorreg om dit te kan dit uithaal en herleef en daarom is daar geen lewe sonder betekenis nie. Jou keuses wat jy maak, bepaal jou lewe of jou lot”
Die aangrypende woorde van Heleen Malherbe wat tussen die lyne van elke bladsy vasgevang is gee hoop aan soveel ander vasgevang in die lewe se soms bose kringloop van keuses.
Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.
Niemand is nie ‘n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van ‘n polisiebeampte nie. Dit is ‘n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak
Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.