Adult
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaakmat

Price range: R99.00 through R359.00

Eliana Moore beland vasgevang in die invloedryke Malan-familie se glansryke, maar verstikkende wêreld. Agter luukse
hotelle, internasionale jag-ekspo’s en ’n sogenaamd onberispelike familienaam skuil manipulasie, beheer en stil
wreedheid. Wanneer sy verlief raak op Cameron Malan, erfgenaam van ’n magtige jagryk, word sy onwetend ’n pion in ’n
groter magspeletjie. Cameron moet kies tussen familieplig en die vrou wat sy hart onherroeplik verander het. Terwyl sy
dominerende moeder alles in haar vermoë doen om beheer te behou, word Eliana se geloof, selfwaarde en volharding tot
die uiterste beproef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wasemwoorde (Groot Druk)

Price range: R99.00 through R209.00

Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef. Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wasemwoorde

Price range: R79.00 through R159.00

Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef.

Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Huwelik op Kontrak (Groot Druk)

R289.00

Ricardo Basson het alles wat geld kan koop – status, luukse motors, ’n ongenaakbare reputasie en ’n lewe sonder
verantwoordelikhede. Tot sy pa ’n besluit neem wat sy wêreld ruk: hy móét trou. En nie net met enige vrou nie, maar met
Clarissa Lötter – ’n saggeaarde, nederige meisie uit ’n eenvoudige bestaan, wat jare lank net van ’n beter lewe kon
droom. Vir Clarissa is die huwelik haar kans om veiligheid en ’n toekoms vir haar en haar pa te skep. Vir Ricardo is
dit ’n ketting wat hom bind aan ’n vrou wat hy skaars ken… of wil ken.

My Goliat vir altyd (Groot Druk)

R299.00

Die drie en twintig jarige Amy bly in Gauteng en bevind haar in ʼn posisie waar sy nie langer kan bly nie. Haar bekende
pa toer in Nederland en sy wend haar na die moderne tegnologie vir ʼn oplossing. Sy klik impulsief op ’n profiel met die
naam Goliat. ’n Eenvoudige boodskap verander haar lewe: “Trou met my asseblief?” Wat begin as ’n ontsnapping, word gou
iets dieper. Ruan, die rustige boer met ’n geheime plan, wil hê sy nuwe vrou moet hom leer ken vir wie hy is – nie vir
die rykdom wat agter sy naam skuil nie. Maar twee mense uit verskillende wêrelde dra albei geheime, en die waarheid kan
hul liefde bou…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

My Goliat vir altyd

Price range: R89.00 through R219.00

Die drie en twintig jarige Amy bly in Gauteng en bevind haar in ʼn posisie waar sy nie langer kan bly nie. Haar bekende pa toer in Nederland en sy wend haar na die moderne tegnologie vir ʼn oplossing. Sy klik impulsief op ’n profiel met die naam Goliat. ’n Eenvoudige boodskap verander haar lewe: “Trou met my asseblief?” Wat begin as ’n ontsnapping, word gou iets dieper. Ruan, die rustige boer met ’n geheime plan, wil hê sy nuwe vrou moet hom leer ken vir wie hy is – nie vir die rykdom wat agter sy naam skuil nie. Maar twee mense uit verskillende wêrelde dra albei geheime, en die waarheid kan hul liefde bou… of vernietig. Tussen die plaas, drome en teleurstellings, ontdek Amy dat haar Goliat nie net ’n man van krag is nie, maar ook een met ’n brose hart. En dalk – net dalk – is sy sy prinses vir altyd.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Langs die Spoorlyn

Price range: R69.00 through R179.00

Langs die Spoorlyn neem die leser op ‘n nostalgiese reis na ‘n klein spoorweggemeenskappie waar treine nie net roet en
geraas bring nie, maar ook die stories van sy mense. Die rooi baksteenhuisies, met hul skewe hekkies en windverwaaide gordyne, is die agtergrond vir ‘n lewe vol skinderpraatjies, lief en leed, en ‘n sterk gemeenskapsgevoel.Te midde van die reuk van varsgebakte brood uit die Jood se winkel en die kreunende 702-lokomotief teen Doornberg uit, ontvou die lewens van karakters soos Siena, die haarkapster, Hetta met haar spaarplannetjies, en Niek, die nuwe stasievoorman met ‘n brose huwelik en ‘n gevaarlike aantrekkingskrag tot ‘n ander man se vrou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skedonkie en die Erfdeel

Price range: R79.00 through R199.00

Wanneer die koppige maar geliefde Oom Nols weier om van sy ou motor, Skedonkie, afstand te doen, begin sy dogter en kleinseun bekommerd raak oor sy gesondheid en toekoms. Wat aanvanklik ’n eenvoudige gesprek oor ’n testament en ’n nuwe motor is, groei uit tot ’n diep ontroerende verhaal oor familie, verganklikheid en die bande wat geslagte verbind.

Deur klein oomblikke, ’n rit in die ou motor, ’n geselsie by die familiebegraafplaas, of ’n laggie oor ou herinneringe, ontdek André en sy oupa dat daar meer erfenis is as geld of grond: dis liefde, wysheid en stories wat oorleef. Skedonkie en die Erfdeel is ’n hartroerende familieverhaal vol humor, nostalgie en die sagte pyn van afskeid, ’n eerbetoon aan die eenvoudige dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Whispers of the heart

Price range: R79.00 through R239.00

In the heart of the Karoo, where silence carries secrets, the lives of three women become entwined by fate. Clarissa,
young and heavily pregnant, seeks shelter from a storm and finds herself at the farmhouse of Serena Blackwood and her
daughter, Janet. But when Janet’s desperate longing for motherhood traps her in a web of lies and deceit, an innocent
baby becomes the center of a tragedy that will change all their lives forever. As Clarissa struggles to bury her past
and Dr. Julian Grant becomes unknowingly ensnared in the deception, the fragile balance between love, guilt, …

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dertien Rose vir geluk (Groot druk)

Price range: R109.00 through R279.00

Dertien Rose vir Geluk volg drie generasies vroue – Ansa, Mariska en Anna-Mart – wat ná ’n moeilike verlede weer hoop en liefde ontdek. ’n Vreemdeling versteur hul rustige kleinhoewe, wat geheime, spanning en romanse ontketen. ’n Warm, plaasgegronde verhaal oor familie, veerkragtigheid en nuwe begin.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dertien Rose vir geluk

Price range: R89.00 through R209.00

Dertien Rose vir Geluk volg drie generasies vroue – Ansa, Mariska en Anna-Mart – wat ná ’n moeilike verlede weer hoop en liefde ontdek. ’n Vreemdeling versteur hul rustige kleinhoewe, wat geheime, spanning en romanse ontketen. ’n Warm, plaasgegronde verhaal oor familie, veerkragtigheid en nuwe begin.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Erfgenaam van Dietenheim (Groot Druk)

R359.00

Tanya staan voor ʼn lewensveranderende besluit. Om haar gedagtes te orden, stap sy die stiltes van die Tsitsikammawoud
binne, waar sy vir Jean-Pierre ontmoet – ʼn man met dieselfde liefde vir die natuur en bewaring van bedreigde
plantsoorte as sy. ʼn Onmiddellike verbondenheid spruit tussen hulle, maar Jean-Pierre se gevoelens word getoets wanneer
hy ontdek dat Tanya in die geheim verloof is aan Francois. Wanneer hy sien hoe haastig die huwelik gereël word, groei
sy agterdog…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Erfgenaam van Dietenheim

Price range: R69.00 through R259.00

Tanya staan voor ʼn lewensveranderende besluit. Om haar gedagtes te orden, stap sy die stiltes van die Tsitsikammawoud
binne, waar sy vir Jean-Pierre ontmoet – ʼn man met dieselfde liefde vir die natuur en bewaring van bedreigde
plantsoorte as sy. ʼn Onmiddellike verbondenheid spruit tussen hulle, maar Jean-Pierre se gevoelens word getoets wanneer
hy ontdek dat Tanya in die geheim verloof is aan Francois…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tyd van die Leeu (Groot Druk)

R319.00

In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

As peperbome kon fluister (Groot Druk)

R349.00

In ’n tyd waar oorlog die land verskeur en vroue en kinders dikwels die hoogste prys betaal, bly geloof, liefde en
dapperheid die enigste ankers. Christie, dogter van ’n Boer op kommando, sien haar wêreld verbrokkel toe Britse soldate
hul plaas betree – en iets in haar vir altyd verander. ’n Enkeling tussen die vyand, ’n jong Ierse soldaat met deernis
in sy oë, waag dit om op te staan teen die bevel om die plaas en alles daarop, te verwoes. In ’n oomblik van genade
word ’n plaas gespaar – maar teen watter prys? …

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaaptjops vir Sonja (Groot Druk)

Price range: R99.00 through R229.00

Sonja Smit het genoeg gehad van toe-oog-afsprake en mislukte mans. Na ʼn reeks rampspoedige ontmoetings het sy vrede gemaak met haar enkelbestaan – tot ʼn toevallige gesprek voor die vleisrak haar lewe onherroeplik verander. Jac, ʼn aantreklike apteker met ʼn sin vir humor en ʼn hart vol seer, bring weer lig in haar dae. Wat begin as ʼn skerts oor skaaptjops en pap, groei stadig in iets dieper – ʼn tweede kans op liefde. Maar die verlede, familie se verwagtinge en jaloerse skaduwees dreig om die nuwe geluk te kelder. Kan Sonja die moed vind om weer lief te hê, of sal sy toelaat dat vrees haar tweede kans steel?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 17