Barones van Berkersee
Price range: R79.00 through R199.00Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.
Hoekom is ballet en mans al die jare taboe onderwerpe vir Keisha Botha? Wie is Rose-Anne se vader? Gaan hierdie begaafde meisie die kans kry om haar droom uit te leef?
Alex Zeeman is bekend as ’n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by ’n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind.
Alex Zeeman is bekend as ’n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by ’n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind.
Andreea Bartonelli word in die vroeg 1900’s in Floraans gebore met ’n besondere musiektalent, wat deur haar vader, Bruno, self ’n komponis en musiekonderwyser van vroeg af ontgin word. Sy is wel nie ’n kind wat wil begin praat nie en haar moeder, Carmen, se verwerping en kwetsende woorde mag dalk ’n groot bydrae daartoe hê.Wanneer sy ses is, verlaat haar moeder hulle sonder om haar eers te groet. Haar vader en goewernante, Emma, word haar alles. Om haar aandag van die traumatiese gebeurtenis af te lei, reël Bruno haar eerste optrede nêrens anders nie as in die La Scala, Milaan, Italië.
Die hartseer van ’n plaasaanval en die naleef daarvan.
Joseph, ʼn jong man uit ʼn welgestelde familie in Engeland, word gedwing om sy gemaklike lewe te verlaat wanneer sy mynmagnaat pa besluit om hom op ʼn gevaarlike seereis na Suidwes te stuur. William hoop dat die ontberings van die reis Joseph se roekelose natuur sal tem. Joseph ontdek gou dat die see sy eie geheime en gevare inhou. Terwyl hy sy pad worstel deur storms en bedreigings, word Joseph gedwing om sy eie innerlike stryd aan te pak. Sal die reis hom breek, of sal dit hom lei na ʼn dieper begrip van homself en sy plek in die wêreld?
Siegfried, ‘n eenstrotse man, leef afgesonder op ‘n strand naby die Kaap, sy hart verstrengel in die verlange na sy verlore vrou, Jovanna. Ná jare van wag op ‘n skip wat haar terug sou bring, begin sy hoop vervaag. Wanneer Lillie, ‘n fyn, dog sterk vrou, in sy lewe verskyn, verander alles. Haar warmte en deursettingsvermoë bring ‘n nuwe doelwit vir hom. Stadig maar seker word hy losgeruk uit sy selfopgelegde isolasie. Die verhaal kronkel deur verlange, aanvaarding en die uiteindelike bevryding van die verlede. Siegfried ontdek ’n nuwe lewe, ‘n familie wat hy nooit verwag het nie en ‘n tweede kans op liefde en tuiskoms.
Die Hoop Beskaam Nie is ‘n verhaal van verlore drome, rou pyn en die onverwagte skoonheid van ‘n nuwe begin
Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met ‘n seunshart, met ‘n liefde wat met die jare groei tot ‘n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees. Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak.