As mure kon praat
Price range: R59.00 through R169.00As mure kon praat wat sou hulle sê wat sou hul fluister sou hul taal universeel dalk geheime deel of sou hulle verwronge verhale van die lewe vertel.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

As mure kon praat wat sou hulle sê wat sou hul fluister sou hul taal universeel dalk geheime deel of sou hulle verwronge verhale van die lewe vertel.
Ek is vry van die hel van depressie. God alleen kry die eer daarvoor. Ek kan geen tree gee as Hy my nie bewaar van die bose nie.
Elke leser bly maar op soek na goeie stories as teenmiddel teen die donker wat ons dikwels wil insluk, en na ‘n ontsnappingsroete, om vir ‘n oomblik te vergeet van tyd.
Afrikaanse stories is tydloos en jy kan verdwaal in die leefwêreld van fiksie.
Dit is ‘n bundel kortverhale, deursprinkel met nostalgiese stories en ‘n móét-lees vir almal, maar veral vir Afrikaners en dié wat hou van goeie Afrikaans.
“’n Paar inwoners van die dorp het blykbaar ook ‘n voorwerp waargeneem wat vinnig in die rigting van die koppie beweeg het …”Na die berig gelees is, besluit die drie maats om ondersoek te gaan instel na die bewerings. Watter wedervaringe wag op hierdie drie maats?
Shonita is a writer, encourager, and most important to her – a big sister, who has always carried a deep desire to uplift the women around her—especially her younger sister and the friends who have become like family. Having personally walked through seasons of insecurity and self-doubt, she knows what it feels like to question your worth and fight the lies that try to distort your reflection. But in the quiet places of healing, she found her worth not in the world’s approval, but in the unwavering love of her Creator. Through In His Mirror, Shonita reminds women that their biggest cheerleader is not culture, comparison, or perfection—it is the Lord. And the words we speak over ourselves carry power. It’s time to break free from the lies that distort our worth and begin to declare what He says is true.
Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef.
Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.
Emmersvol is ’n digbundel wat die leser nooi om stil te staan by die klein en groot oomblikke van die lewe – die
vreugdes, die verlange, die vrae en die geloof. Johanita Viljoen skep beelde vol kleur, geure en emosie wat jou
herinner aan die skoonheid van die natuur, die warmte van liefde en die krag van hoop. Met gedigte wat wissel van ligte
verwondering tot diep geestelike insig, bied die bundel ’n oorvloed van troos en inspirasie. ’n Waarlik hartvolle
versameling – ’n emmer vol woorde wat oorloop van geloof, liefde en lewe.
Vars uit Oesbekistan neem jou op ’n reis na die hart van Sentraal-Asië — deur die oë van ’n Suid-Afrikaanse musiekonderwyser wat in die onstuimige dae van die Covid-pandemie sy tasse gepak en ’n nuwe lewe in Oesbekistan aangepak het. In hierdie bundel vol humor, heimwee en verwondering deel Emile Minnie sy unieke perspektief op die Oesbek kultuur. ’n Boek vir elkeen wat al ooit gewonder het hoe dit voel om alles agter te laat, en die onbekende aan te durf.
Emile Minnie gesels oor die Oesbek-taal en kultuur:
Woordeskat voorlesing:
Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.
‘n Kersfees inkleurboek vir die jonger mensies.
Soms is ons gedagtes en denke soos asem op die wind
Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.
Stephanie describes herself as poet:
She’s made of flowers and paint on a sunny day, songbirds and words reserved for a rainbow day. She loves her coffee and brushes but beware of her red wine days, poetry books and blankets cover her toes yet exposed are the scars…A reminder, of just how strong she had to be.
Luitenant André Bianchi en kaptein Fabian Vettel, ondersoek die saak van ’n meisie wat geheimsinnig vermis geraak het in dieselfde dennewoud waar hulle twee seuns, Nico en Philippe en ’n klompie van hulle studentemaats, vir ’n paar dae wil gaan kampeer. Philippe word aangeval in die woud, en na die hospital geneem met bytwonde aan sy bors. Lorenzo weet wat die bytwonde veroorsaak het, maar as Philippe die waarheid moet uitvind, gaan dit dalk hul vriendskap kos.
Nog mense in die dorpie verdwyn geheimsinnig. Philippe en Lorenzo se hulp word benodig as polisiereserviste om na die vermiste mense te help soek. Die twee beste vriende raak betrokke in ’n bloedige geveg met die ontvoerders. Dit laat André besef hy durf nie langer die geheim wat hy nog al die jare in hom ronddra, van sy familie weerhou nie.