Leesgenot 8
Price range: R89.00 through R239.00Drie uiteenlopende verhale.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Drie uiteenlopende verhale.
Leila is gou verveeld. Sy staan op en begin stadig al met die duin op stap, vrek nuuskierig om te sien wat agter hierdie groot duin is. Die volgende oomblik voel sy hoe twee sterk arms haar van agter vasvat. Haar kamera word uit haar hande geruk, en voor sy kan kyk wie haar so hardhandig behandel, word sy geblinddoek.
Sy word deur haar ontvoerders verkoop aan Sjeik Hamdan bin Mohammad Al Maktoum van Mirage Paleis.
Wat wag op haar? ‘n Lewe van hel in ‘n harem, of het Sjeik Hamdan ‘n heel ander plan met hierdie beeldskone jongvrou uit Namibië?
Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.
Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van ‘n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind ‘n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op ‘n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.
Kan Lente ooit vir Christo oortuig dat die ouderdomsgaping tussen hulle nie saak maak nie, of gaan Lente moet teruggaan Karoo toe en van Christo vergeet? ’n Koerantfoto onthul geheime wat die deurslag gee in die besluit wat Lente moet neem; een wat haar lewe totaal sal ontwrig.
Lewende Water is ‘n bundel waarin onse Hemelse Vader se lof besing word.Hierdie pragverse deur Sy kinders word hier keurig aan die leser voorgehou.Hierdie bundel waarin van my en ander digters se hartswoorde in verskyn se doel is om ‘n sagte rusplekkie in ons besige bestaan te bring – ‘n plek waar ons bewus kan word van Sy grootse Almag en veral Sy liefde.
Olivia ontsnap ‘n donker verlede en bou ’n nuwe lewe as sangeres, waar sy onverwags haar hart aan die Skotse boer Noah verloor. Tussen familie-opposisie, groot drome en geloof ontdek Olivia ware liefde – maar kan hul verhouding die wêreld se skeptisisme, geheime en ou seer oorleef?
Wanneer Amanda, ‘n eensame prokureursklerk, briewe begin skryf aan ‘n bekende joernalis op death row, word sy onverhoeds in ‘n web van korrupsie, gevaarlike kriminele transaksies en mensehandel ingetrek. Sy moet vasstel wie laaste die waarheid praat—en wie bereid is om daarvoor te sterf.
Die klimaks van die verhaal bevat intense momente van gevaar en redding, soos wanneer Michaela en haar gesin betrokke raak by ‘n dramatiese gyselaarsituasie.Die verhaal sluit af met die karakters wat groot lewensveranderinge ondergaan. Romantiese en professionele uitdagings resoneer met die leser en skep ‘n sterk emosionele band met die karakters.
Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou? Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?
Wanneer Lukas en Nadia oogkontak maak ontplof die universe. Wat ‘n perfekte kombinasie, die Kunsgeskiedenis professor en kuns kritikus. Omstandighede maak dit duidelik dat hulle vir mekaar gebore is. Dan gebeur die onvoorsiene, Nadia kom tot haar eie gevolgtrekking en vlug. Haar paaie kruis met die skatryk cassino eienaar, maar haar hart smag na ‘n man met ‘n donker baard. Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou?
Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?
Wanneer ‘n man alles verloor — sy huis, sy gesin, sy trots — bly net die stilte van die nag en die hoop op ’n nuwe begin. Liefde na die Winter vertel die aangrypende verhaal van Kobus Fourie, ‘n eens suksesvolle man wat die slagoffer word van ‘n verbruiksug wat hom nie meer kan onderhou nie. Sy vrou en seun, wat hy jare lank onderhou het, draai hulle rug op hom toe hy hul krediet sny. Maar wanneer die lewe hom alles ontneem, vind hy iets kosbaarders as besittings: innerlike vrede, ware vriendskap en die moed om weer op te staan.
Engela de Bruyn se verhaal is ‘n rou, eerlike blik op verlies, trots en die pynlike pad na selfontdekking. Kobus se reis is nie net een van oorlewing nie, maar van genesing — en dalk, net dalk, die kans op liefde ná die winter.
Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.
Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.
Hierdie bundel liefdesgedigte bevat werke van meer en minder bekende digters. Dit is ʼn versameling hartsgedigte waarin die essensie van die lewe en spesifiek die mens se vermoë om lief te hê by wyse van woorde saamvat. Mag die liefde altyd seëvier in ons lewe en ons uiting daaraan gee deur ons woorde.
Wat sou dan ook nou meer gepas wees om oor te skryf, dan die liefde? Die liefde het natuurlik vele fasette. Dit maak jou gelukkig, laat jou ongeoorloofde dinge doen, vergewe alles… of amper alles.
Somtyds, draai die liefde sy rug op jou en vernietig alles in sy pad.
Maar… Daar is ’n baie fyn draad tussen liefde en haat. ’n Goue draad, wat twee kwynende harte weer saamweef.