Hunty Book 1 Operation Gunboat
Price range: R59.00 through R159.00This series is a book for young-readers that provides a gripping approach to fast jet fighter flying with all the thrill of real-life combat.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

This series is a book for young-readers that provides a gripping approach to fast jet fighter flying with all the thrill of real-life combat.
Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?
Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?
In hierdie tweede uitgawe in die reeks oor die manewales van die Snypoort Ridders, bevind die dapper seuns en meisies van Snypoort se eie bende, hulself weer in ’n ongemaklike situasie – hierdie keer saam in een bende.
Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur, beloof om die leser saam te neem op ’n heerlike, aksiebelaaide uitstappie na plekke waar die Ridders eerder moes wegbly. Die Snypoort Ridders wegbly? O nee! Nie hierdie dapper seuns en meisies nie!
Met poetse en planne om die Ridders weg te hou, sal Chris en sy maats mooi moet dink om nie deur die boelies uitoorlê te word nie. Hierdie boek, net soos die eerste twee in die reeks, beloof om die leser van begin tot einde geboei te hou.
Ook beskikbaar in die reeks:
Boek 1: Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis
Boek 2: Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur
Chris en sy dapper Snypoort Ridders is bang vir niks en niemand nie. Wel, tot hulle besluit om die ou verlate spoorweghuis ’n ent buite die dorp te gaan verken. Daar wag egter ’n paar verrassings op hulle. Nie net het Snypoort dapper seuns nie, maar ook ’n paar dapper meisies. Wanneer die seuns en meisies se paaie by die spoorweghuis kruis, lei dit tot groot bangmaakpret en avonture. Wie sal as wenners uit die stryd tree? Jong, julle sal die boek moet lees vir daardie antwoord!
“Geheim van die Kinders van die Maan” beskryf die avonture wat die Pretorius-gesin beleef na `n vliegtuigongeluk wat hulle weerloos in die diepe Kalahariwoestyn laat.
Kobus Minnie neem die jongspan op reis deur hierdie boekie met van ons ou gunsteling-sprokies Rooikappie en die wolf en ander verhale. In Rooikappie en Wolf word kinders geleer van gehoorsaamheid.Die lekker lewe by die dam leer kinders om nie te mors nie, elke storie het les te leer.
Kom saam met Kobus Minnie op ‘n verbeeldingstog vandag.