EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek gaan stad toe

Price range: R59.00 through R179.00

Vir ʼn boerseun van die platteland is dit een ding om jong perde in te breek, die bakkie uit die modder te sleep, en Sondae jou kerkklere skoon te hou tot na kerk. Maar dis ʼn ander ding om jou potjie te gaan krap in die stad se gedruis waar verkeer nooit tot ruste kom nie. Hierdie kortverhaalbundel vertel die staaltjies van die mense op die platteland. Dit herinner ons aan die reuk van Old Spice en die smaak van kerrie-skaapafval. Dit kom roep daardie nostalgiese gebeure van eenvoud op en vra onderliggend die vraag: “Wat het ons regtig nodig in die lewe?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Lewe en sy Skeure

Price range: R89.00 through R169.00

Die lewe en sy skeure is ’n hartroerende verhaal wat diep delf in die broosheid én krag van ’n gewone gesin. Frans en Alexa probeer met liefde en vasberadenheid hul twee seuns grootmaak te midde van alledaagse uitdagings, onverwagse gevare en die blywende seëninge wat net ’n gesin kan bring. Wanneer ’n vreemdeling onverwags hul lewens binnewaai, word hul vrese opnuut wakker—maar ook onverwagte hoop. Die verhouding tussen klein Leon en die eensaam ou man ontvou as ’n stille getuienis van liefde wat grense oorbrug en die mensdom herinner aan eenvoud, goedheid en genade. Maar dan tref tragedie. ’n Oomblik verander alles—’n stil straat, ’n skreeuende rem, en twee klein fietsies wat nooit weer dieselfde sal wees nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Brood vir my broer

Price range: R79.00 through R169.00

’n Aangrypende verhaal oor ’n plaasgesin wat, te midde van verlies en moeilike keuses, hul geloof, liefde en die onbreekbare band tussen broers en ’n moeder moet herontdek. ’n Menslike, ontroerende roman wat jou laat nadink oor opoffering, familie en die waarde van lewe.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Huis Herfsblaar

Price range: R79.00 through R169.00

In Huis Herfsblaar ontmoet ons die inwoners van ’n aftreeoord waar herinneringe, liefde en verlies saamvloei in die goue lig van hul herfsjare. Hier leef Ella, Kasper, Boeta, Lillian, Carina en ander karakters elk met hul eie storie — van eerste liefde tot laaste afskeid, van berusting tot vergifnis. Die oord word ’n plek waar vreemdelinge familie word, waar lag en trane die dae kleur, en waar die verlede soos sagte herfsblare neersak — mooi, broos en tydloos. Met deernis en lewenswysheid bring Huis Herfsblaar hul stories bymekaar: eenvoudige mense met groot harte wat leer dat aanvaarding soms die mooiste vorm van vrede is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

The real housewives of Southport

Price range: R69.00 through R159.00

When Marion Faure and her husband retire to the quiet coastal village of Southport, she expects peaceful days, sea air,
and a simple life. What she doesn’t expect is loneliness—or the hilarious, fearless group of women she will soon call friends. After forming an informal coffee club, “The Real Housewives of Southport” quickly become a tight-knit circle of sharp-tongued, big-hearted ladies who love their community as fiercely as they tease one another. But when they uncover a crooked developer’s plan to buy up beachfront homes through intimidation, sabotage, and back-door deals, these ordinary women turn into an unlikely force of justice. Armed with wit, wine, and a mischievous sense of adventure, the group launches “Project Stronzo”—a bold, risky mission to expose corruption and protect the village they love. Heartwarming, laugh-out-loud funny, and filled with sisterhood, this charming tale celebrates friendship, courage, and the power of a united community.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

DIE BOEK

Price range: R59.00 through R149.00

Adri (83) en Stella (80) bestuur ’n gastehuis in Mtwalume, KwaZulu-Natal, om kop bo water te hou nadat inflasie hul spaargeld geknou het. Adri, ’n grapjas wat gaste vermaak, besluit om sy droomboek te skryf in die hoop om sy finansieel sukkelende kinders te help. Ná maande se harde werk vind hy uit publikasie kos geld wat hy nie het nie. Stella weier om spaargeld te waag, maar Adri reël skelm met sy kleindogter. ’n Uitgewer en sy sekretaresse besluit egter om die manuskrip te steel. Moord, brandstigting en ’n gespanne hofsaak volg, waar familie as regshulp intree.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stasie huis no 5

Price range: R59.00 through R149.00

Die lief en leed van ‘n spoorweg-gemeenskap wat die lewe van anderkant die treinspoor ken.
‘n Hartroerende verhaal van Drien en Sarie en hulle verbete baklei teen die wrede werklikheid van verkragting, molestering en aanranding. Sal die mense van Stasiehuis no 5 weer vrede vind?
Kom lees hierdie boeiende verhaal en ervaar die swaarkry van anderkant die spoorlyn.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Gister is Verby (Oudio Boek)

R105.00

Hierdie verhaal van verlossing en transformasie is ‘n aangrypende verhaal van hoe die krag van liefde en hoop die grootste tragedies kan oorwin. Anneke Bester is ‘n ma en gelukkige vrou wie se lewe vir altyd verander word wanneer haar gesin in ‘n wrede motorongeluk van haar weggeneem word.

1 2