Sake van die Hart (Groot Druk)

R189.00

Wanneer die selfversekerde prokureur Sue-Ann Bekker ’n saak aanvaar wat haar tot op haar emosionele breekpunt druk, besef sy gou hierdie is nie net nóg ’n hofstryd nie. Dewaal Kok is vasbeslote om sy pa se onskuld te bewys—maar die waarheid is gevaarliker as wat enigeen verwag het. Terwyl geheime ontvou en leuens ontmasker word, word Sue-Ann gedwing om nie net teen die regstelsel te baklei nie, maar ook teen haar eie hart. Dewaal is alles waarvoor sy haar lewe lank gevlug het—sterk, onvoorspelbaar en gevaarlik naby aan haar emosies. Soos die saak sy klimaks bereik, raak dit duidelik dat iemand bereid is om alles te doen om die waarheid begrawe te hou. Maar in ’n wêreld van verraad en passie, kan liefde oorleef… of sal dit alles vernietig?

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Spore na Vryheid

Price range: R109.00 through R369.00

Teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog en sy nasleep ontvou ’n aangrypende familieverhaal van liefde, verlies en volharding. Op sestien verlaat Josef Erasmus sy ouerhuis om as rebel teen die Britse Ryk te veg. Die oorlog laat diep letsels – in sy land én in sy siel. Wanneer vrede uiteindelik kom, is dit ’n gebroke vrede. Josef keer terug na ’n verwoeste land en ’n volk wat moet herbou uit as. Stoffelien, ’n geleerde vrou uit ’n gegoede huis, kies liefde bo gemak. Sy trou met Josef en waag saam met hom die onbekende in, met net ’n ossewa, ’n baba en ’n vasberade geloof in hul toekoms. Tussen afgebrande plase, armoede en herinneringe aan oorlog moet hulle ’n nuwe lewe bou – en leer om vrede te maak met ’n wêreld wat onherroeplik verander het. Maar kan ’n man wat deur oorlog gevorm is ooit werklik rus vind? En kan liefde sterk genoeg wees om ’n nuwe erfenis vir hul nageslag te bou?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)

R169.00

Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

Bloedrooi Papawers (Groot Druk

R179.00

Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Jy proe soos pannekoek (Groot Druk)

R219.00

In ’n klein kusdorpie waar almal mekaar ken, leef matrone Sheila Fick ’n rustige, goed-geordende lewe. Haar dae word
gevul deur die hospitaal, haar tuin en haar geliefde kat, Kotie. Maar onder die kalm oppervlak lê ’n verlange na iets
meer – na liefde, na ’n gesin wat nooit vir haar beskore was nie. Wanneer die stil, aantreklike dokter Michael
Wellington en sy rooikopseuntjie, Carl, in die huis langs hare intrek, begin Sheila se veilige wêreld stadig verander.
Michael dra die letsels van verlies, en Carl smag na warmte en avontuur. Tussen melkskommels, plaasbesoeke en klein
dorpsgeheime groei ’n brose band – een wat harte kan genees …

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Jy proe soos pannekoek

Price range: R99.00 through R169.00

In ’n klein kusdorpie waar almal mekaar ken, leef matrone Sheila Fick ’n rustige, goed-geordende lewe. Haar dae word
gevul deur die hospitaal, haar tuin en haar geliefde kat, Kotie. Maar onder die kalm oppervlak lê ’n verlange na iets
meer – na liefde, na ’n gesin wat nooit vir haar beskore was nie. Wanneer die stil, aantreklike dokter Michael
Wellington en sy rooikopseuntjie, Carl, in die huis langs hare intrek, begin Sheila se veilige wêreld stadig verander.
Michael dra die letsels van verlies, en Carl smag na warmte en avontuur. Tussen melkskommels, plaasbesoeke en klein
dorpsgeheime groei ’n brose band – een wat harte kan genees … of weer kan breek…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Duineprinses

R179.00

Wanneer Jacques Louw, ’n man met ’n geskonde verlede en ’n hart vol geheimenisse, sy volbloed Arabierhings Amir na ’n internasionale perdekompetisie neem, vermoed hy nooit dat sy wêreld finaal uitmekaar geruk gaan word nie. ’n Onbekende Arabiese vrou en haar metgesel bied miljoene dollars vir Amir – maar wanneer Jacques weier, raak die spel dodelik. In die nag word sy ma ontvoer, sy troetelhond beseer en sy veilige wêreld op Rietput uitmekaar geskeur. Die losprys? Amir… en Jacques self. In ’n wedloop teen tyd word hy gedwing om na die Sahara terug te keer – die plek waar hy jare tevore probeer vergeet het… en waar die geheim van die “prinses van die duine” hom steeds teister. Met sy vriende aan sy sy, maar omsingel deur leuens, magte en woestynwetteloosheid, moet Jacques veg vir die mense wat hy liefhet. In die sandduine wag antwoorde, maar ook ’n prys wat moontlik te hoog is om te betaal…

Leila (Groot Druk)

R269.00

Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Tot oneindig einde kry (Groot Druk)

R169.00

Lee Boucher het alles wat sy nodig het—’n suksesvolle loopbaan as klereontwerper, ’n lewe vol kleur en vriende wat vir haar omgee. Sy hou nie van ontwrigting of ingewikkelde situasies nie. Maar toe sy letterlik in Thomas Bruwer vasloop, verander haar voorspelbare wêreld. Hy is ’n ernstige, tydbehepte boekhouer, met ’n kort humeur en ’n nog korter lont vir speelse vroumense soos sy. ’n Onbedoelde ontmoeting, ’n paar onhandige oomblikke en ’n toevallige ete saam bring hulle paaie op ’n manier bymekaar wat Lee nie kon voorsien nie. Maar Thomas laat haar voel op maniere wat sy lankal begrawe het. Hy daag haar uit, toets haar geduld en raak gevaarlik naby aan haar hart. Kan ’n man wat sy lewe volgens sy horlosie leef en ’n vrou wat dans waar die wind haar waai, mekaar regtig vind? En as hulle mekaar vind, sal hulle dapper genoeg wees om te kies vir wat regtig saak maak? Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe onseker.

Die lag in jou oë (Groot Druk)

R179.00

Rita Botha vlug uit ’n verlede vol oordeel, stilte en seer, op soek na ’n nuwe begin. In ’n onbekende dorp, by ’n eenvoudige skool en in ’n klein tuinwoonstel, begin sy stadig weer asemhaal. Hier ontmoet sy mense wat haar nie ken vir wat ander oor haar gesê het nie, maar vir wie sy ís: ant Hartjie met haar oop hart, Pieter met sy stil krag, en vreemdelinge wat onverwags lig bring.   Terwyl Rita haarself stukkie vir stukkie herontdek, moet sy ook die spoke van haar verlede in die oë kyk – ’n huwelik wat haar gebreek het, ’n dogter wat haar verwerp, en ’n geloof wat as wapen gebruik is. Die lag in jou oë is ’n aangrypende verhaal van verlies en genesing, van tweede kanse en die moed om weer te leef. Soms begin vryheid met iets eenvoudig: om net weer te lag.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die laaste vlug

Price range: R79.00 through R159.00

Elri se wêreld het sewe maande gelede in vlamme opgegaan – saam met die Cessna wat haar man, Adriaan, en hul seun Luke se lewens geëis het. Nou bly sy en haar oorlewende tweelingseun, Jaco, agter in ‘n huis vol herinneringe en onuitgesproke pyn. Terwyl Jaco hom al hoe meer in homself onttrek, probeer Elri sin maak van haar eie verlies. Sy hou vas aan roetine, aan beheer, aan wat oor is. Totdat ‘n paar ontstellende groen oë haar pad kruis. Alex – haar ongeskikte, aantreklike buurman – dwing haar om weer te voel. Om weer te leef. Om dalk weer lief te hê. Maar hoe beweeg ‘n mens aan sonder skuld? Hoe maak jy jou hart oop as dit reeds gebreek is? En kan twee gebroke gesinne saam weer heel word?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoo Liefde (Groot Druk)

R319.00

Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is
swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet
waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n
toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike
keuse: trou binne ’n beperkte tyd, of verloor alles waarvoor hy en sy ouma geswoeg het. Wanneer Herman en Mia se paaie
onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos…

Adult
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As die wiel draai

Price range: R79.00 through R219.00

Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wedloop van die Hart

Price range: R99.00 through R249.00

In 1994, lank voor selfone en kitsboodskappe, kruis twee mense se paaie tydens ’n eenvoudige oggenddraf – en niks verloop weer volgens plan nie. Carlana Marais is jonk, lewenslustig en vasberade om haar eie reëls te maak, selfs al beteken dit om haar pa se streng beskerming uit te daag. Dirk Fourie is ’n man met ’n verlede wat hom hard en ongenaakbaar gemaak het, en ’n hart wat hy lankal toegesluit het. Wat begin as botsende persoonlikhede en skerp woorde, ontwikkel stadig in iets dieper – ’n wedloop tussen vrees en vertroue, pyn en genesing. Maar spoke uit Dirk se verlede en Carlana se onverskrokkenheid dreig om alles te ontspoor. Wedloop van die hart is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, innerlike krag en die moed om weer lief te hê, selfs wanneer die hart nog bang is om te hardloop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Storms van liefde (Groot Druk)

R219.00

Wanneer ’n storm oor die land breek, word harte ontbloot en geheime onkeerbaar losgeruk. Elsabé is ’n onafhanklike vrou wat haar gevoelens lankal agter professionele grense wegsteek. Marnus, ’n toegewyde dokter met ’n verlede vol onsekerhede, glo hy het geen tyd vir liefde nie. Wanneer ’n onskuldige uitnodiging hulle na ’n afgeleë plaashuis lei, word albei gedwing om hul vrese, twyfel en verlange in die oë te kyk. Te midde van dreigende onweerswolke, knetterende kaggelvure en onuitgesproke begeertes, begin vertroue stadig groei. Maar kan liefde werklik wortelskiet waar misverstande, jaloesie en onsekerheid lank reeds skade aangerig het? Storms van liefde is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele ontwaking en die krag van liefde wat selfs die hewigste storms kan trotseer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In die Stilte van haar Hart

Price range: R99.00 through R189.00

In In die stilte van haar hart word Reinette se lewe onverwags omgekeer wanneer sy ’n weerlose baba met gebreklike voetjies ontmoet — ’n kind wat niemand wil hê nie. Wat begin as ’n daad van medelye, word ’n lewensveranderende besluit wat haar dwing om haar eie pynlike verlede in die oë te kyk. Wanneer De Wet Venter, ’n jong dokter met sy eie geheime, ’n ongewone huweliksvoorstel maak ter wille van die baba, word twee vreemdelinge aan mekaar verbind deur verantwoordelikheid eerder as liefde. Maar stiltes dra swaar waar wonde nie genees is nie, en die hart hou lank vas aan ou seer. Te midde van aanneming, verlies, familiegeheime en nuwe beginne moet Reinette leer: kan liefde groei waar dit nie beplan is nie — en kan ’n gebroke hart weer leer vertrou? ’n Aangrypende verhaal van opoffering, genesing en hoop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 18