Kerskapperjolle
R159.00‘n Kersfees inkleurboek vir die jonger mensies.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

‘n Kersfees inkleurboek vir die jonger mensies.
Hierdie oudioboek neem jou op ‘n ontdekkingsreis, wat die merkwaardige gebeure van Jesus se lewe ontbloot. Deur die tempelervaring van die twaalfjarige Jesus, sy biddende interaksie met Abba Vader en die tydperk tussen sy opstanding en hemelvaart te verken, het jy die geleentheid om groter insig in die lewe van Christus te kry. Maak gereed om geïnspireer en getransformeer te word terwyl jy dieper in die karakters en stories van Jesus se lewe delf.
Johan van der Berg se Die Maan breek verkeerd is ‘n diep deurleefde digbundel wat die Karoo se eensaamheid, dorheid en nostalgie met ‘n intieme en beeldryke aanslag vasvang. Sy verse is deurweek van verlange, herinneringe en ‘n fyn aanvoeling vir die landskap en sy mense. Die bundel se temas wissel van natuur en familie tot geloof en twyfel. Sy gedigte is liries en introspektief, met sterk visuele metafore en ‘n ritmiese vloei wat die emosionele intensiteit van sy gedigte versterk.
Hierdie bundel, Roos vir ’n Engel, betower die leser met ’n diep emosionele reis deur liefde, verlies, geloof en vergifnis. Die gedigte balanseer intieme persoonlike refleksie met universele temas, wat ’n sterk indruk laat. Versreëls soos in “Sonder Jou” en “Doringkroon” skets beeldryk die pyn van eensaamheid en die troos van geestelike oorgawe. Die digter se vermoë om poëtiese taal met emosie en geloof te verweef, maak die bundel ’n roerende leeservaring. Sommige gedigte spreek tot die rou werklikheid van verlies, terwyl ander hoopvol skyn soos die eerste sonstrale van ’n nuwe dag. Hoewel die taalgebruik soms archaïes is, dra dit by tot die unieke estetiese ervaring. Roos vir ’n Engel is ’n bundel wat beide die hart en die siel aanspreek.
Hierdie digbundel vervleg die wese van die natuur pragtig met die rou emosies van die menslike gees. Deur aanskoulike beelde en hartlike refleksies ondersoek die gedigte temas van liefde, verlange, geloof en innerlike groei. Elke vers resoneer met diep spiritualiteit, en vang oomblikke van hoop vas te midde van pyn en transformasie deur verbinding met die goddelike en die natuurlike wêreld. Hierdie versameling nooi lesers uit om vertroosting, krag en betekenis te vind in die skoonheid en uitdagings van die lewe.
Elkeen van ons het een of ander tyd in ons lewe bemoediging nodig. Trientjie Malan se digbundel Jesus gee om, is bedoel vir daardie dae wanneer die lewe te veel druk op jou plaas. Dit is ‘n handsak-grootte bundeltjie wat jy byderhand kan hou.
Elke letter, elke woord, elke sin het die seer uitgeloop waar die trane dit afgewas het, daarom is hierdie bundel my terapie digbundel in elke woord.
Iewers in ’n bos, bly ’n houtkapper en sy pragtig vrou. Die pragtige vrou het net een gewens gehad en dit was dat sy ’n kindjie van haar eie kon hê. Dit moes ’n pragtige dogtertjie wees. Haar haartjies moes so wit soos die wolke wees en haar ogies so blou soos die hemel. ’n Paar jaar later word haar wens waar en kry sy sommer ’n tweeling, ’n dogtertjie en ’n seuntjie. Mientjie en Eddie.
Die tyd stap aan en Mientjie en Eddie word by die dag groter. Op ’n dag sê die houtkapper dit is tyd dat hulle die hout vir die kaggelvuur gaan bymekaarmaak en as hy praat, luister almal want hy is baie kwaai. Nooit het Mientjie gedink dat haar en Eddie se lewe van daardie dag af so baie gaan verander nie.Wie is die nare swart wolf wat Mientjie in haar kamer gesien het, of het sy maar net gedroom?
Tydens die Corona Virus (Covid 19) sit dit jou aan die dink. Dit is waar ‘n mens besef hoe kosbaar is die mense in jou lewe en watter betekenis hulle vir jou gee. Soms het ek myself afgevra… as my oupa en ouma of selfs my pa nog geleef het, hoe sou hulle hierdie Corona Virus (Covid 19) hanteer het? Daarom is hierdie digbundel baie spesiaal vir my soos die mense wat deel is (was) in my lewe, aan wie ek die gedigte (digbriewe) opgedra het waar ek alreeds van hulle in my vorige digbundel(s): Malankolie, Introspeksie en Pelgrimsreis opgedra het wat ek ook in hierdie digbundel ingebring het. Dit is asof jy deur ‘n fotoalbum van woorde sonder foto’s van my eie mense deurblaai.
Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.
Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.
TEEN BETERWETE IN HOOP is die opvolg DIE LIEFDE IS BLIND. Erika is verloof aan George, maar sy worstel met gevoelens van vrees en wanhoop oor die toekoms, want George is besitlik en manipulerend, wat haar ongemaklik laat voel. Sy ontmoet Pierry en wanneer Pierry met sy motorfiets die dag voor haar troue by hulle huis opdaag en haar vra om met hom te trou, sê sy dadelik ja. Haar ouers word egter nie so maklik oortuig nie. Na ’n argument tussen haar pa en Pierry, vlug Erika saam met hom agterop sy motorfiets weg.
Afgesien van vele struikelblokke op hulle pad na geluk, bly Erika se geloof standvastig. Wat hou die toekoms vir die twee jongmense in?
KOM SPEEL SAAM OUMA! is ’n kinderboekie saamgevat met al die pret en lekker speletjies wat ek as ouma saam met my vier kleinkinders kan geniet.
Om ’n ouma te wees, is ’n groot VOORREG en ’n HEERLIKE ervaring. Aan die Here spreek ek my dank uit vir goeie gesondheid om hierdie kosbare speeltyd en hul kinderlike opgewondenheid met hulle te deel.
Met hierdie boekie wil Tina Jooné graag vir elke kind met ‘n gestremdheid ‘n waardevolle les of twee gee. Hulle te motiveer om nooit moed op te gee nie, maar om te steun op familie en vriende. Daar is so baie manière om die lewe vir jouself makliker te maak. Leef elke dag voluit, moenie wegkruip nie en hou aan droom. As jy kan droom…kan jy enige iets doen!
Die lewenservaringe van ‘n dowe persoon. Kom stap vandag saam met my na ‘n kykie in die lewe, die lesse, die ondervindinge van ‘n dowe mens.
Die skommelings vir aanvaarding. Die frustrasies. Die tekort aan selfvertroue. Die stryd met jou selfbeeld. Die verleentheid. Die stille hartseer. Die tye van moedeloosheid. Die eensaamheid. Ek wil mense nooi en betrek. Raad uitruil hoe om die lewe vir n dowe geliefde makliker te maak. Ons te ondersteun. ‘n Dag saam in ons skoene te loop. Maar OOK om ons ANDER talente…ons vreugde…ons dankbaarheid en selfs die lekker lag oomblikkies te deel. Want soos die bekende spreekwoord lui: “waar die een deur toe gaan, gaan ‘n ander deur oop.”
Soms is ons gedagtes en denke soos asem op die wind