Sing vir my ‘n droom (Grootdruk)

R239.00

Amanda Visser is gelukkig met haar rustige lewe: studies, haar geheime droom om eendag ‘n skrywer te word, en haar klein kringetjie vriende. Liefde is die laaste ding waarvoor sy tyd het. Toe haar beste vriendin haar oorreed om een aand na ‘n klub te gaan luister na ‘n gewilde nuwe orkes, verander alles. Op die verhoog staan Ben Calitz – ‘n jong sanger met ‘n stem wat haar teroer en oë wat blykbaar net vir haar sien. Wat begin as ‘n toevallige ontmoeting, groei vinnig tot iets wat albei se lewens onherroeplik verander. Maar liefde kom nie sonder uitdagings nie. Amanda worstel met haar studies, haar kritiese ma se verwagtings en die onsekerheid van ‘n verhouding met iemand wat in die kollig leef. Ben dra op sy beurt sy eie verlede en drome saam. Kan twee mense wat voel hulle harte het mekaar herken, die storms van die lewe trotseer? Of sal hul droom van liefde net dit bly – ‘n droom? Sing vir my ‘n droom is ‘n hartroerende liefdesverhaal oor hoop, musiek, familie, tweede kanse en die moed om jou hart te volg.

Dertien vir geluk (Grootdruk)

R309.00

Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sagvat in die lewe se hardvat

Price range: R99.00 through R179.00

Die lewe vat soms hard.
Dit laat letsels, breek harte, steel drome en dwing mense om paaie te stap wat hulle nooit sou kies nie. Tog is daar tussen die pyn ook lig. In die glimlag van ‘n karwag. In die verlange van ‘n vader wat wag. In die moed van ‘n ma wat nooit ophou soek nie. In die sagtheid van mense wat kies om lief te hê, selfs wanneer die wêreld hard en genadeloos raak.
Sagvat in die Lewe se Hardvat is ‘n aangrypende bundel kortverhale wat die leser neem op ‘n reis deur verlies en versoening, geloof en twyfel, eensaamheid en hoop. Chris Jansen skryf oor gewone Suid-Afrikaners – mense soos ons – wat struikel, val en weer opstaan. Hierdie verhale sal jou laat glimlag, laat huil en jou herinner dat selfs in die donkerste nag, daar altyd lig is vir dié wat aan hoop bly vashou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kruis kroon

Price range: R79.00 through R129.00

Hierdie digbundel neem jou op ‘n intieme reis deur verlies, geloof en selfontdekking. Met pragtige, eerlike verse word die soeke na liefde, sin en Goddelike aanvaarding onthul – ‘n boodskap van hoop vir elkeen wat deur seisoene van stilte en swaarkry reis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Uit vergange se dae

Price range: R109.00 through R269.00

Hierdie bundel neem die leser op ‘n reis deur herinneringe, plekke en mense, waar die gedigte met nostalgie, verlange en die soeke na sin in die lewe verweef is. Elke vers bring tye, emosies en verhoudings tot lewe, en nooi lesers om hul eie stories te reflekteer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Leesgenot 6

Price range: R119.00 through R229.00

Drie aangrypende verhale in een bundel deur die gewilde Wilmarí Jooste. Volg die lewens van onvergeetlike karakters in stories van liefde, verlies, vergifnis en hoop. Van ‘n spanningsvolle fantasieverhaal oor swartmag, tot ‘n emosionele verhaal van tweede kanse en ‘n romantiese drama vol familiegeheime en verraad – hierdie bundel sal jou van begin tot einde boei. Drie verhale. Een onvergeetlike leeservaring.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Half gewonne – ‘n bundel vir eerstes

Price range: R99.00 through R239.00

As aansporing vir lede wat die kursus, Praktiese skryfkursus vir beginners, voltooi het – of besig is daarmee – het ons besluit om ’n bundel kortverhale aan te pak. Die deelnemers aan die kortverhaalbundel, Half Gewonne – ’n Bundel vir Eerstes, aan die werk gespring en uiteindelik met ’n heerlike versameling kortverhale vorendag gekom.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verborgen Dagboeken

Price range: R99.00 through R199.00

‘Verborgen Dagboeke’ vang die intiemste stemme uit verlede en hede in ’n mosaïek van dagboekinskrywings. Familienalatenskappe, diepy menslike verlange en spookagtige herinneringe verweef tot opwindende, roerende stories van oorlewing, verlies, liefde en skuld—waar elke stem ’n geheim van die menslike hart fluister.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die erfenis van Mansgenoeg

Price range: R109.00 through R239.00

Toe die gerespekteerde boer Herklaas onverwags sterf, laat hy meer as net vier plase aan sy seuns na – hy laat ‘n erfenis vanwaardes, lojaliteit en familie-eenheid na. Danie, Gerrie, Jakkie en Braam staan voor die uitdaging om dieuitgestrekte boerdery van Mansgenoeg saam te bestuur. Terwyl liefde blom, harte breek, nuwe verhoudings ontstaan en moeilike besluite geneem moet word, word die broers se band telkens op die proef gestel.

Sal die erfenis van hulle vader sterk genoeg wees om hullebymekaar te hou wanneer die storms van die lewe oor die vlakte losbreek?
‘n Aangrypende familie-sage vol liefde, verlies, hoop en dieonverbreekbare bande van broederskap.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Antoni se laaste vlug

Price range: R109.00 through R269.00

Nikita Schoonraad word onkant betrap toe die skokkende waarheid agter haar broer se dood en ʼn verborge vliegtuigongeluk ontbloot. Geknie tussen verlies, skuld en verraad, balanseer sy op die dun draad van regsverhale en bose geheime – met geheimsinnige liefde, lojaliteit en gevaar wat elke besluit bemoeilik.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ruimtemuisies op ‘n missie

Price range: R89.00 through R159.00

Op ’n klein ruimteskip Die Kaaskomeet …
Daar woon vier dapper klein muisies. Zippi, Zoefie, Ziggi en Pippel!
Maar oppas …
Daar is ’n groot kat met skerp kloue wat in die donker tonnels skuil!
Wanneer Ma-Muis kos gaan soek, doen die muisies iets wat hulle nie moet nie …
Wat sal gebeur as hulle Kat-ra-tat ontmoet?
Kom saam en beleef die reis na ’n nuwe huis op ’n planeet vol glinster, vriende en hope pret!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Strooipop van Spesery-eiland

Price range: R109.00 through R229.00

Waar speserye die lug vul, ontdek harte hul ware bestemming.
Die Strooipop van Spesery-eiland is ’n meesleurende historiese roman vol romanse, humor, avontuur en die geur van eksotiese speserye.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lofliedere wat reik na die ewigheid

Price range: R99.00 through R299.00

Hierdie inspirerende gids neem jou op ‘n geestelike reis deur die ryk geskiedenis, betekenis en kernwaarhede van geliefde Christelike lof- en belydenisliedere, met diepgaande insigte oor gebed, aanbidding en die rol van geloofsmusiek in die Christen se lewe.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026

Price range: R129.00 through R329.00

Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.

Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Vuurhoutjiedosie

Price range: R99.00 through R179.00

Die Vuurhoutjiedosie vertel die aangrypende verhaal van Smiley Solomon, wat twaalf jaar in Pollsmoor uitdien vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Ná sy vrylating ontdek hy dat sy beste vriend, Vaatjie Daniëls, die belofte verbreek het om na sy gesin om te sien. Verskeur tussen wraak en die verlange om die dogter te vind wat hom nie ken nie, moet Smiley kies watter pad hy sal loop. ’n Rou verhaal oor verraad, vergifnis en hoop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 6 7 8 33