Reënboë en skatte

R189.00

Maak gereed vir ’n wêreld vol pret, kleur en verbeelding! Reënboë en Skatte is ’n heerlike versameling stories waar eendjies kan praat, hasies wegkruip, kryte lewe kry en sneeumanne snaakse wense het.
Elke storie is propvol avontuur, lag en klein verrassings wat jou laat wonder… wat gaan volgende gebeur? Tussen al die pret skuil daar ook kosbare skatte—lesse oor vriendskap, omgee, dapper wees en om altyd in jouself te glo.
Of jy nou self lees of saam met iemand spesiaal kuier, hierdie boek is die perfekte maatjie vir storietyd!
Kom saam op ’n kleurvolle reis… jy weet nooit watter skat jy gaan ontdek nie!

Twee prinsesse met ‘n plan

R109.00

Hierdie avontuur begin hoog in die berge van Lesotho, waar ’n koppige koning, ’n dapper prinses en ’n groot geheim alles op sy kop keer. Aspoestertjie wil net ’n gewone tiener wees, maar haar hart behoort aan Drommelswaer – die seun wat haar pa as onwaardig beskou. Wanneer hy in die tronk beland en sy verban word, lyk alles verlore … tot sy die ewe rebelse prinses, Sneeuwitjie, ontmoet.
Saam waag hulle dit teen reëls, krone en grootmense se foute – en ontdek dat moed soms beteken om jou kroon af te haal en jou hart te volg.
Twee prinsesse. Een waaghalsige plan. ’n Mandjie “oogappels” en ’n gewaagde ontsnapping is ’n storie oor vriendskap, liefde en om vir die regte ding op te staan – selfs al is jy net dertien.

Klankeboekie vir graad 3

R119.00

Klankeboekie vir Graad 3 neem jong lesers op ’n prettige taalreis waar woorde lewe kry. Deur kort, kleurvolle stories ontdek kinders hoe klanke werk en hoe woorde gevorm word. Elke bladsy fokus op ’n spesifieke klank, met herkenbare situasies en speelse taal wat lees begrip en selfvertroue bou.

Van ’n visarend tot ’n stout boetie en ’n slim slang – hierdie boek maak leer lekker en betekenisvol. Dit help kinders om klanke raak te sien, woorde te herken en hul leesvaardighede stap vir stap te versterk.

The Informal Settlers

R129.00

In a small settlement near a village church, ordinary people face extraordinary questions. When a stray dog appears, when guilt weighs heavy on the heart, when fear feels like a giant too big to defeat, Pastor Kirsten opens the Bible and invites the children – and the adults – to discover something life-changing. Through powerful retellings of stories like David and Goliath, Moses, Jonah, Joseph, and Noah, young readers journey alongside Ella, Joe, Lloyd, and others as they learn about obedience, forgiveness, courage, and God’s promises.

Stories vir lewensvaardigheid graad 4 tot 7

R139.00

Stories vir Lewensvaardighede – Graad 4–7
Kinders beleef elke dag nuwe situasies waar hulle moet leer om goeie keuses te maak. In hierdie versameling kort, toeganklike stories neem Juffrou Andri Roeder jong lesers op ’n reis deur alledaagse ervarings – van vriendskap en respek tot eerlikheid, gesonde gewoontes en verantwoordelikheid.

Elke storie bied ’n eenvoudige maar betekenisvolle les wat kinders help om oor hul eie gedrag en keuses na te dink. Met vrae soos “Wat leer ons uit hierdie storie?” en “Dink en gesels” word leerders aangemoedig om saam te praat, te dink en nuwe perspektiewe te ontdek.

Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die Lewensvaardighede-klaskamer, maar ook vir ouers wat saam met hul kinders oor belangrike waardes wil gesels.

Droomstories uit die Towerbos

R299.00

Welkom in Towerbos – ’n betowerende plek waar elke aand ’n nuwe droom begin. In hierdie warm en hartroerende versameling stories ontmoet jy dapper vlermuise, vriendelike engele, vrolike muise, slim seesterre en baie ander wonderlike karakters wat die nag vol magie maak. Elke storie neem jong lesers op ’n sagte avontuur vol vriendskap, moed en hoop. Soms leer ’n klein vuurvliegie hoe om ’n lig in die donker te wees. Soms ontdek ’n hasie dat ware wonders in nuwe vriendskappe lê. En soms wys ’n tandmuis of ’n klein bytjie dat selfs die kleinste helde ’n groot verskil kan maak. Droomstories uit Towerbos is perfek vir slaaptyd-stories wat hartjies rustig maak, verbeelding laat vlieg en kinders herinner dat hulle kosbaar, veilig en geliefd is. Maak jou ogies sag toe, luister na die fluistering van die bos … en laat die droomavonture begin.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hou_my_dop

Price range: R109.00 through R229.00

Daniël die skilpad het ’n los dop, ’n kleurvolle das en ’n reuse probleem: sy dop is gesteel! Sluit aan by die onwaarskynlikste helde van Bloumaanbaai op ’n missie waar vriendskap die sterkste skild is. ‘Hou my dop’ – want hierdie gaan ’n wilde rit wees!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die dassies van Mosselbaai

R229.00

Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.

Sara Seekat

R189.00

O, nee! Iets vreesliks is aan die gebeur in die see! Bottels, blikkies, vislyne en selfs motorbande dryf oral rond. Die
see is siek – dis die groot SB-epidemie! Gelukkig is Sara Seekat en haar beste maat Sanna nie bang vir ’n bietjie
avontuur nie. Wanneer diere siek, vasgekeer en hartseer by die seehospitaal aankom, besluit die twee vriendinne: genoeg
is genoeg! Hulle maak ’n dapper plan om al die rommel uit die see te kry – en om dit sommer reg by die mense terug te
besorg! Want hoekom moet seediere ly oor mense se morsigheid? Kom duik saam met Sara en Sanna deur borrels, seewier en
golwe vol opwinding. Ontdek hoe klein seekatte ’n groot verskil kan maak en leer hoekom dit so belangrik is om ons
planeet skoon te hou…

Slim word in die groot skool

R209.00

Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reisigers na Eergister

Price range: R99.00 through R199.00

Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 4

Price range: R59.00 through R199.00

Welkom by Professor Tentaklus en Die Inkvisklub – die wildste, snaaksste en mees tentakel-tastiese klub onder die son!
Hier is elke dag ’n avontuur: van visdamreddings en melkskommel-oorloë tot broccoli-ontploffings en geheime
Tsunami-planne. Michie, Chelly, Jors en Marries – saam met die briljante maar soms dramatiese Professor Tentaklus en
natuurlik OumaRi – wys jou dat die lewe nooit vervelig is as jy dapper genoeg is om te lag, te droom en soms ‘n bietjie
te mors nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 3

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom terug by die Inkvisklub, waar tentakels, koekies en planne altyd deurmekaar raak! In hierdie derde avontuur leer
Jors, Michie, Marries, Chelly, en selfs Peanut, dat die lewe vol verrassings is: van sout-muffins wat soos ’n
wetenskap-eksperiment smaak, tot geheime dagboeke, prinsesplanne en jakkalsmaskerpieknieke onder die sterre. . Maar dis
nie net chaos en giggel nie – saam met Professor Tentaklus, die inkvis met ’n bril en ’n hart (dalk drie!), ontdek die
klub hoe klein woorde soos “asseblief” en “dankie” magiese kragte het, hoe vriendelikheid soos ’n vuurhoutjie ander se
harte aansteek, en hoe selfs ’n stilte-skool jou meer kan leer as ’n lawaaierige dag…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 2

Price range: R69.00 through R199.00

Welkom terug by Olienhoutdam, waar ’n gewone dag vinniger ontspoor as ’n skilpad op ’n skaatsplank! Jors, Marries,
Michie en Chelly dink hulle is slim genoeg om die Inkvisklub rustig aan die gang te hou … maar met Professor Tentaklus,
die wêreld se mees praatgierige inkvis, is “rustig” ’n woord wat sommer uit die woordeboek geskrap kan word. Hier wag
geheimsinnige briefies, eksperimente wat ontplof en ’n nuwe klomp geheime wat net wag om oopgekrap te word…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 1

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom by Olienhoutdam, waar NIKS ooit normaal is nie! Hier verdwyn sokkies in geheimsinnige wasmasjiene, skilpaaie hou
toesig oor vuil borde, en ’n inkvis met ’n professor-graad verskyn sommer skielik op OumaRi se vensterbank. Wanneer
Jors, Marries, Michie en Chelly by hulle ouma gaan kuier, is daar nooit stilte nie – net planne, ploffende
pannekoekwedstryde, spookstoepstories en ’n roomys-reënboog of twee…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 5