Adult
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaakmat

Price range: R99.00 through R359.00

Eliana Moore beland vasgevang in die invloedryke Malan-familie se glansryke, maar verstikkende wêreld. Agter luukse
hotelle, internasionale jag-ekspo’s en ’n sogenaamd onberispelike familienaam skuil manipulasie, beheer en stil
wreedheid. Wanneer sy verlief raak op Cameron Malan, erfgenaam van ’n magtige jagryk, word sy onwetend ’n pion in ’n
groter magspeletjie. Cameron moet kies tussen familieplig en die vrou wat sy hart onherroeplik verander het. Terwyl sy
dominerende moeder alles in haar vermoë doen om beheer te behou, word Eliana se geloof, selfwaarde en volharding tot
die uiterste beproef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

So sweef die arend

Price range: R89.00 through R189.00

Kosie, ‘n brose
weeshuiskind, worstel sy hele lewe lank met verwerping, vernedering en ‘n onvergeetlike jeug. In ‘n klein
dorpsgemeenskap moet hy sy plek volstaan te midde van kwaai herinneringe, vooroordele en sy eie worsteling met
selfwaarde. Maar kan hy uiteindelik bevry word van die verlede se houvas?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde uit die as

Price range: R79.00 through R209.00

Ilze begin haar nuwe lewe met groot drome aan universiteit, maar word wreed
ontwrig deur Werner se obsessie. Sy staar trauma, eensaamheid en ‘n onverwagte swangerskap in die gesig – vasbeslote om
haar eie toekoms en waardigheid terug te wen ten spyte van die verwoesting rondom haar.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Wilde Loot

Price range: R79.00 through R179.00

Ruan, ‘n jong man wat sukkel met sy plek in die wêreld, dryf sy gesin tot uiterste wanhoop met sy rebelse gedrag. Sy moeilikheid, opsluiting, en paaie van selfontdekking toets die grense van familie-lojaliteit, besluite en vergifnis. Arina, sy ma, smag bloot na haar seun se herstel.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Brood vir my broer

Price range: R79.00 through R169.00

’n Aangrypende verhaal oor ’n plaasgesin wat, te midde van verlies en moeilike keuses, hul geloof, liefde en die onbreekbare band tussen broers en ’n moeder moet herontdek. ’n Menslike, ontroerende roman wat jou laat nadink oor opoffering, familie en die waarde van lewe.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sara Seekat

R189.00

O, nee! Iets vreesliks is aan die gebeur in die see! Bottels, blikkies, vislyne en selfs motorbande dryf oral rond. Die
see is siek – dis die groot SB-epidemie! Gelukkig is Sara Seekat en haar beste maat Sanna nie bang vir ’n bietjie
avontuur nie. Wanneer diere siek, vasgekeer en hartseer by die seehospitaal aankom, besluit die twee vriendinne: genoeg
is genoeg! Hulle maak ’n dapper plan om al die rommel uit die see te kry – en om dit sommer reg by die mense terug te
besorg! Want hoekom moet seediere ly oor mense se morsigheid? Kom duik saam met Sara en Sanna deur borrels, seewier en
golwe vol opwinding. Ontdek hoe klein seekatte ’n groot verskil kan maak en leer hoekom dit so belangrik is om ons
planeet skoon te hou…

Slim word in die groot skool

R209.00

Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …

Mesmoordenaar (Groot Druk)

R159.00

Wanneer speurinspekteur Roelf ‘Okapi’ la Grange op ‘n gewone dag na ‘n rugbywedstryd huis toe keer, breek sy wêreld
oop: ‘n reeks wrede moorde tref die dorp en ‘n taai boodskap in bloed meen die skuldige. Met elke slagoffer raak die
gevaar persoonlik—sy vrou en dogter word spesifiek gemaan. Okapi moet gouer dink as ooit tevore. Hy volg ‘n dun streep
leidrade: ‘n kenmerkende Okapi-mes, ‘n vae getuienis van ‘n kind, ‘n verontrustende foto en ‘n boodskap wat hom direk
uitdaag…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tuiskoms (Groot Druk)

Price range: R109.00 through R249.00

Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wasemwoorde (Groot Druk)

Price range: R99.00 through R209.00

Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef. Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wasemwoorde

Price range: R79.00 through R159.00

Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef.

Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Huwelik op Kontrak (Groot Druk)

R289.00

Ricardo Basson het alles wat geld kan koop – status, luukse motors, ’n ongenaakbare reputasie en ’n lewe sonder
verantwoordelikhede. Tot sy pa ’n besluit neem wat sy wêreld ruk: hy móét trou. En nie net met enige vrou nie, maar met
Clarissa Lötter – ’n saggeaarde, nederige meisie uit ’n eenvoudige bestaan, wat jare lank net van ’n beter lewe kon
droom. Vir Clarissa is die huwelik haar kans om veiligheid en ’n toekoms vir haar en haar pa te skep. Vir Ricardo is
dit ’n ketting wat hom bind aan ’n vrou wat hy skaars ken… of wil ken.

My Goliat vir altyd (Groot Druk)

R299.00

Die drie en twintig jarige Amy bly in Gauteng en bevind haar in ʼn posisie waar sy nie langer kan bly nie. Haar bekende
pa toer in Nederland en sy wend haar na die moderne tegnologie vir ʼn oplossing. Sy klik impulsief op ’n profiel met die
naam Goliat. ’n Eenvoudige boodskap verander haar lewe: “Trou met my asseblief?” Wat begin as ’n ontsnapping, word gou
iets dieper. Ruan, die rustige boer met ’n geheime plan, wil hê sy nuwe vrou moet hom leer ken vir wie hy is – nie vir
die rykdom wat agter sy naam skuil nie. Maar twee mense uit verskillende wêrelde dra albei geheime, en die waarheid kan
hul liefde bou…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Prayers and Devotions from a Woman’s Soul

Price range: R79.00 through R239.00

A heartfelt devotional celebrating the strength and faith of biblical women—and the women of today.
Through powerful reflections inspired by Scripture’s bold and resilient heroines, this book offers uplifting “chunks of hope” for anyone who has faced pain, loss, rejection, or hardship. Each page reminds readers that while challenges may come, God’s promises stand firm and His presence remains constant. A comforting, inspiring guide for women seeking renewed courage, joy, and faith.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reisigers na Eergister

Price range: R99.00 through R199.00

Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pernicious the road to Le Mans

Price range: R99.00 through R329.00

Pernicious: The Road to Le Mans Action, suspense, danger, and the raw thrill of motor racing! After putting an end to
the ruthless Von Rückstein and his band of misfits, Natalie-Dominique, Jürgen, and their team face an unexpected
enemy—boredom. That is, until Natalie-Dominique devises a daring new mission: a hunt across Europe to track down
legendary racing machines that once roared through the 24 Hours of Le Mans. But in Marseilles, the merciless gangster
known as Le Chacal has his own obsession—he will stop at nothing to claim every historic racing car for himself. What
begins as a passionate quest for history and glory soon turns into a high-stakes battle of grit, courage, and speed…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 5