Hoe Paaie Draai
R239.00Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
Dirk van Zyl verkry sy inspirasie vir skryf uit sy eie lewe. Sy oë sien raak wat min mense kan sien, en dit is ‘n gawe wat hy ontvang het.
In die vensters van jou siel wil ek net saggies kom rus in jou geurige liefdeskelk lê veilig in jou tere liefde omvou.
Trooswoorde is ‘n aangrypende bundel gedigte wat verkenning van die hoogtepunte en laagtepunte van die lewe, wat troos, inspirasie en introspeksie bied.
Dit is ‘n huldeblyk aan die veerkragtigheid van die menslike gees en die skoonheid van blywende liefde en geloof. Die insluiting van Afrikaans- en Engels gedigte voeg diepte by en maak die werk toeganklik maar meer uniek persoonlik.
Selfs in gedigte oor verlies is daar ‘n onderstroom van hoop en veerkragtigheid, wat lesers met ‘n gevoel van vrede laat.
As mure kon praat wat sou hulle sê wat sou hul fluister sou hul taal universeel dalk geheime deel of sou hulle verwronge verhale van die lewe vertel.
“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.
And I am not an Afterthought
ʼn Besondere verdienste van hierdie werk is die omstandige besonderhede wat in die bondige lewensbeskrywings van ʼn aantal persoonlikhede, wat elk ʼn sleutelrol in die historiese gebeure van hulle tyd gespeel het, voorkom.
Allison beeld haar liefde vir Afrikaans in hierdie besonderse bundel mooi uit. Sy beskryf haar taal as wonderlik want ‘n klinker en vokaal vorm saam ‘n woord wat lewe bring.
50 voor 40 is ‘n samestelling van 50 van my gedigte (Afrikaans en Engels). Die temas van die gedigte wissel van geloof- en morele kwessies, tot lewenservaringe (hetsy my eie of die van iemand anders). Elkeen van hierdie gedigte is geïnspireer deur of gebaseer op ware gebeure of persone.