Ridders van die grootpad
R79.00 – R219.00Price range: R79.00 through R219.00Vind uit wie was Frank, waar kom hy vandaan. Wie was Johny, wat gaan van hom word?Wie was die onbekende Boytjie? Die een wat afhanklik van die sorg van die groep word? Lees oor kameraadskap, opregte vriendskap as mens niks anders het nie.As hierdie boek nie jou hart raak nie, sal niks dit ooit kan doen nie.
Leer ken die ware Ridders Van Die Grootpad soos die skrywer dit ervaar.
Liefde is ‘n Kuns
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou? Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?
Koop die tyd uit
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Wie weet van die geheim in Anieke se verlede, nie net ‘n geheim nie maar ‘n deel van haar wat vir ewig verlore is: of is dit werklik verlore vir haar?
Koop die tyd uit … al is dit hoe min.
Geen groter liefde
R99.00 – R249.00Price range: R99.00 through R249.00Vrae begin hom teister. Wie is hy wat Tertius is. Hoe is hy gebore as hy nie ‘n ma het nie. Wie se bloed is in sy are? Waar het Dad hom dan gekry? Is hy dan ‘n optelkind? Die meisie, die liefde van sy lewe! Sal sy hom en sy huisgesin aanvaar? Die vrae wat deur sy jong gemoed teister sonder antwoorde dreig om hom te vernietig. Die ergste vraagstuk is: wie is hy, hoe het hy in hierdie wêreld gekom?
Hoe ver moet die liefde strek voordat dit ONVOORWAARDELIK is.Die lewe kies self die antwoorde en Tertius moes wag om uit te vind…
Die stil kreet (Groot Druk)
R119.00 – R299.00Price range: R119.00 through R299.00Sarina mag nie wegkom nie. Al pas Hilda haar hoe goed op, bly sy ‘n gevaar vir die sindikaat van wie sy gevlug het. Hulle moet haar teen alle koste probeer opspoor. Gerugte van ‘n dwelmhandelaars doen die rondte, maar dit is nie al nie. Hoekom het Sarina onder valse voorwendsels ‘n onderwyspos bekom? As Adriaan vreemde spore en beweging op sy plaas ontdek, begin die poppe dans. Watter vreemde dinge gebeur in hulle omgewing?Die verhaal ontknoop met soveel verrassings en weereens bewys die skrywer, niks gebeur sonder ‘n doel nie. Liefde seëvier altyd.
Vergewe en vergeet
R79.00 – R209.00Price range: R79.00 through R209.00Adele se moedverlore toekoms kring voor haar uit! Haat sy vir Francois of sal sy hom weer kan vergewe?
Adele leer dat die toekoms nie jou keuse is nie. Sy leer dat vergewe nie genoeg is nie, dat vergeet die eintlike doel van ‘n mens se bestaan is.
Bladsye uit my boek
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Derick en Chrisna kondig hul voorgenome huwelik aan.Surita se wêreld spat weer uitmekaar. Hoeveel keer boet een mens vir ‘n oortreding waaraan jy onskuldig is? Surita besef dat daar nooit ‘n bladsy uit jou lewensboek geskeur kan word sonder dat die littekens agterbly nie. Geen boek kan ooit toegemaak word voordat die verlore bladsye teruggeplaas kan word nie.
Die stil kreet
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Die Prys van Geld
R89.00 – R229.00Price range: R89.00 through R229.00Anderkant weerbegin
R89.00 – R229.00Price range: R89.00 through R229.00In die Angolese oorlog is Portugese boere se lewens nie ’n sakkie aartappels werd nie. Kubane moor en roof en die vêrafgeleë plase word geplunder.
Grace oorleef die ergste aanval op haar gesin. Sy vlug – swanger en met haar driejarige dogtertjie.Vier Suid-Afrikaanse soldate kry haar, verhonger en uitgeput en help haar tot in Suidwes-Afrika.
Hier skei hul paaie en die enigste mense wat sy leer vertrou moet terug Angola toe. Vrou alleen, sonder heenkome, geen familie of besittings gaan sy moedig voort.
Grace verloor alles, maar sal die uiteinde vir haar geluk bring? Miskien ANDERKANT WEERBEGIN?
Vulkaan van Passie
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Gaan Hazel weer koers kry na die baie seer dinge in haar lewe? En aan wie behoort die blousel oë en blonde hare wat sy nie uit haar gedagtes kan kry nie. Baie intriges se antwoorde lê opgesluit in die bladsye van VULKAAN VAN PASSIE, so ook al die antwoorde op al Hazel Conradie se vrese en bekommernisse.
Tulpe vir Twanette
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00In Leiden, Nederland, begin lente, maar in Twanette se hart is dit steeds winter. Gaan Twanette ooit weer ’n normale lewe lei na die ernstige trauma wat haar wil knak. Gaan sy bly treur oor wat was, óf wat kon wees?
Dan, op ’n mooi lentedag, kry sy ’n bos tulpe met ’n nota daarby. Van wie af is die bos pragtige tulpe, en wat sou in die nota staan…?
Spore in die dou
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Storm word uit haar bewustelose toestand geruk deur die getjank van ‘n hond. Sy besef dat sy in die wrak van ’n motor vasgekeer sit. Wie sy is en waarheen sy op pad was, weet sy nie. Ook nie waarom die motor vol roosblare is nie.
Gaan Marcus Fourie, die baas van Garub, haar betyds opspoor en red van ’n gewisse dood?
Vir altyd en ‘n dag
R89.00 – R219.00Price range: R89.00 through R219.00Hendrien kry nie die swartkop luitenant uit haar gedagtes óf haar hart nie, maar sy het geen keuse as om van hom te vergeet nie. Engeland en Suid-Afrika is duisende myle van mekaar.En Clive? Kon hý ooit werklik van die vurige, blonde boeremeisie vergeet? Óf vrede in sy hart vind met die onreg wat gepleeg is teenoor onskuldige vroue en kinders in die konsentrasiekampe.
Skadu oor Matlabas
R89.00 – R229.00Price range: R89.00 through R229.00SKADU OOR MATLABAS trek die leser in by Sonnika de Bruyn se lewe en wêreld. Jy beleef saam met haar die gevare waarin sy haarself bevind, óók die oomblikke wanneer die liefde aan haar deur kom klop. Maar… vóór dinge in haar lewe glad begin verloop, moet sy eers die donker skadu’s verdryf wat haar lewensvreugde bedreig.
Vind ook uit wat die trauma-chirurg, die eienaar van ’n bosveldplaas, en ’n polisiekaptein met Sonnika de Bruyn en Matlabas ingemeen het?
