Droomvanger
Price range: R99.00 through R229.00Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.
“Mamma! Mamma!” gil Karla op haar hardste. “Juan wil nie my pop gee nie! Jy is gemeen Juan. Ek hoop jou kop ontplof, jy dink in elk geval te veel van jouself.” Juan lag, dis vir hom prettig as daardie groen ogies so blits. Wie weeet wat die toekoms inhou vir Karla.
Tussen die lyne vloei swart ink op wit papier is 21 kortverhale en 38601 vrolik dartelende woorde vertel stories soos: Onverwagse liefde, Die soen, Hoefbaai se motorfiets-bruid en Geleende tande.
’n Paar onvoorsiene dinge gebeur met Raphael Zirk se sirkus tydens hulle besoek op die klein dorpie: Kierangspruit. Kom beleef die sirkus deur die oë van skrywers.
As die nag sy swart mantel om jou vou, begin die fluisteringe. Elke geluid kruip onder jou vel in, elke skaduwee word ’n bedreiging. Hierdie bundel van drie verhale neem jou na die rand van jou senuwees — en dalk verder.
Iemand vra my anderdag waarom skryf ek? Vir wie skryf ek? Met ander woorde, is daar ‘n doel agter my skrywery?
Dis glad nie so ‘n eenvoudige vraag nie, hoor. Dit het my vir ‘n oomblik laat frons, want wat dan nou? Waarom sou iemand so iets vir my vra?
En toe weet ek!
Ek skryf omdat ek, binne ‘n week of twee, eintlik hopeloos verslaaf geraak het daaraan.
Wat is nou lekkerder as om jou op te krul met ‘n heerlike Omnibus vol liefde en jouself te verloor in die held en heldin se wel en weë? Net tyd is in staat om ons te wys hoe groot liefde is. Lees saam in hierdie Omnibus 2 hoe tyd ons leer van liefde.
Re-Release
Liefde is beslis pienkGeskryf deur: Sonja Brown
Liefde soos geel MagrietjiesGeskryf deur: Franciska Mouton
Die swart hings Geskryf deur: Piet Saayman
“Brink Vermeulen… jou… jou… bliksem!” Elna tas blindelings na die handvatsel wat haar Nissan 1400 bakkie se deur moet oopmaak, maar uit woede gryp sy dit elke keer mis. Sy klap haar hand uit frustrasie teen die stuurwiel en reik na haar handsak onder die bestuur-sitplek. Die swart leersak word oop gepluk en sy haal haar selfoon uit. “Brink se nommer…” brom sy. Dit lui lank voordat iemand die oproep beantwoord. Die vrouestem op die lyn neem die wind skoon uit Elna se seile. Sy was gretig om vir Brink Vermeulen te sê presies wat sy van hom dink.
Allison beeld haar liefde vir Afrikaans in hierdie besonderse bundel mooi uit. Sy beskryf haar taal as wonderlik want ‘n klinker en vokaal vorm saam ‘n woord wat lewe bring.
Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.
Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.