Die swart wittebrood
R39.00 – R109.00Price range: R39.00 through R109.00Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur. Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.
The living room light is on
R79.00 – R169.00Price range: R79.00 through R169.00I like people and find interest in their experiences. I enjoy reading and there are many things I’d like others to read, partly because I’d like them to laugh and partly because I’d like to encourage them. I am not a motivational speaker, but I can motivate others through my experiences, because if I could, you can. The Living Room Light is on, is a program I created to be able to carry on with my life after my biggest loss.
Vlug 237
R119.00 – R329.00Price range: R119.00 through R329.00Hierdie spanningsverhaal ontvou teen die agtergrond van 1987 se onstuimige politieke klimaat. Die raaisel begin met die tragiese neerstorting van die Helderberg, gevolg deur geheimsinnige voorvalle oor verskeie lande heen: ’n joernalis verdwyn in Tsjaad, ’n Franse diplomaat sterf onder vreemde omstandighede in Botswana, en ’n geheimsinnige man verdwyn in Jerusalem. Intussen ontvang ’n afgetrede Mossad-agent ’n gekodeerde boodskap, en ’n vreemde vliegtuig land by Waterkloof. Wie stuur ’n roosblaar as waarskuwing? Wat verbind al hierdie gebeure? Is dit toevallige insidente of dele van ’n veel groter geheime komplot?
As die Liefde Seëvier
R59.00 – R139.00Price range: R59.00 through R139.00“Vanoggend brand die helder son weer alles dood,” praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos, met sy kop in sy hande. “Wat ook al gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief,” antwoord Paul. “Die Moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel,” praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand.
Hoor my stem
R59.00 – R149.00Price range: R59.00 through R149.00Die gevoel van magteloosheid is een van die ergste emosies wat enige mens kan ervaar. Daardie gevoel dat jou hande vasgemaak is of dat jy in ‘n hokkie vasgekeer is en jy kan nie daaruit kom nie. My gebed is dat elkeen wat hierdie boek lees, sal ervaar hoe getrou God in Sy beloftes is. Al voel dit soms onmoontlik, weet net dat jy nie alleen is en as niemand anders jou stem hoor, God hoor elke versugting van jou hart. Hy ken jou pyn, Hy sien jou trane en wat vir ons onmoontlik lyk, is vir Hom moontlik. Ek bid ook dat die wêreld daar buite sal luister en elke kind wat deur die hel van seksuele mishandeling gaan, se stem duidelik gehoor sal word. My bede is dat hierdie boek genesing en herstel sal bring.
Moenie ophou praat, moenie ophou soek na genesing, moenie dat jou stem doodgedruk word nie. God wil ‘n hele JY hê. Laat jou stem gehoor word, sodat daar ‘n platform geskep word vir hierdie stukkende wêreld van seksuele misbruik en mishandeling.
Viazma
R79.00 – R209.00Price range: R79.00 through R209.00Dreigend staan die swart silhoeët in die verte met mis wat spookagtig uit die aarde trek. Viazma, ‘n ou asylum, met al sy geheimenisse en wreedhede weggesteek in ‘n diep donker woud. Die tweeverdiepinggebou het honderde vensters wat dreigend na die woud staar. Rondom die gebou is geen gras of blomme nie, net strak swart grond en hier en daar ’n boom wat eensaam en uitgedroog staan. Niemand mag weet van haar geheime nie. Wat alles binne haar bose hart aangaan nie. As jy eers oor haar drumpel getree het en haar giftige asem in jou nek gevoel het, is daar geen uitkoms vir jou nie. Soos legendes lui: As jy een oggend in Viazma opstaan en die bed langs joune is leeg – beteken dit nie die persoon is ontslaan nie…
Ek onthou boek 1
R99.00 – R269.00Price range: R99.00 through R269.00Wat begin het in die stofstrate van Alexanderbaai, ‘n klein myndorpie aan die weskus van Suid Afrika, wat orals drade wat as lewenservaring beskou kan word, opgetel het in Suid Afrika en later in die res van die wêreld, sal hier weergegee word.
Dis egter maar nie veel anders as jou eie verhaal nie. Dis miskien nie ‘n besondere lewe nie, maar dit is myne en kon joune ook gewees het: dit is wat dit groot maak.
Ek nooi u uit om die pad saam met my te loop wat ek geloop het: ek belowe jou ek sal jou nie verveel nie, want ek was anders, en die andersgeit is my normaal.
Ek onthou boek 3
R79.00 – R229.00Price range: R79.00 through R229.00(Boek 3 van 3)
Die reis wat begin het in die stofstrate van ‘n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers ‘n jong geneesheer uitgespoeg en later na ‘n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, ‘n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland.
Ek onthou boek 2
R69.00 – R189.00Price range: R69.00 through R189.00(Boek 2 van 3)
Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het. In Upington beland saam met n gesin wat alreeds groot was. Dit was n soort van ontsnappings poging deur my pa. Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing.
Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge.
Onheilspellende Maansverduistering
R269.00‘n Verhaal vol intriges, verraad, moord en hartseer romanse.
Die verhaal speel hom uit in ‘n ou Laeveldse dorpie, waar Konstabel van der Plooi en sy kollegas ‘n moord moet oplos. Konstable van der Plooi is ‘n stoftrappertjie, gaan hy homself handhaaf en staande kan bly tot die einde toe, in ‘n wereld vol dwelms en meisies.
Fyn lyn tussen Liefde & Haat
R194.00Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met ‘n seunshart, met ‘n liefde wat met die jare groei tot ‘n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees. Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak.
Bokdrol in die pad
R119.00Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.
