PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Daar is ‘n dorpie iewers in Afrika

Price range: R79.00 through R139.00

Daar is ’n klein dorpie iewers in Afrika waar die stofpaaie lank is, die son genadeloos brand en die stories groter word namate die aand en die vuurwater vorder. Hier ontmoet jy perde wat by hoteldeure instap, jagters met lang herinneringe, boormanne swarter as hulle boormasjiene, hardekwas landdroste, dominees wat met die vlees worstel en dorpskarakters wat jy nooit weer sal vergeet nie. Met ’n unieke mengsel van droë humor, nostalgie en eerlike menslikheid neem Johan van der Berg die leser terug na ’n wêreld van plaaskombuise, kroegtoonbanke, jagkampe en warm Karoo-aande – ’n wêreld waar mense nog stories vertel het totdat die sterre bleek geword het. Hierdie is nie net stories nie. Dit is die stemme, mense en herinneringe van ’n ou Karoo wat stadig besig is om te verdwyn.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geanker in geloof

Price range: R69.00 through R139.00

Hierdie diep deurleefde Afrikaanse dagstukke reik uit na lesers wat soek na genesing, hoop en innerlike rus. Deur rou eerlikheid, geloofsbelydenis en verwondering oor God se hande werk die skrywer om perspektief, vergifnis en selfaanvaarding te bring in ‘n wêreld vol uitdagings.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As die Liefde Seëvier

Price range: R59.00 through R139.00

“Vanoggend brand die helder son weer alles dood,” praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos, met sy kop in sy hande. “Wat ook al gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief,” antwoord Paul. “Die Moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel,” praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Eindeloos

Price range: R69.00 through R129.00

Hierdie bundel Christianiese poësie lei lesers op ‘n pad van geloof, selfondersoek en emosionele heling. Met rou eerlikheid en hoopvolle introspeksie ondersoek dit identiteit, nalatenskap, geestelike worsteling en onwrikbare liefde – alles gevestig in ‘n diep verhouding met God.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Op ‘n dag soos vandag

Price range: R79.00 through R129.00

Op ’n dag soos vandag is ’n digbundel wat die leser neem op ’n reis deur die alledaagse — van liefde, verlies en geloof tot humor, herinneringe en innerlike stryd. Met eerlike woorde en beeldryke taal raak elke gedig aan die hart van menswees en die klein oomblikke wat ons vorm. Die verse wissel tussen diep nadenke en ligte nostalgie, terwyl temas soos hoop, genade, identiteit en herstel soos ’n goue draad deur die bundel loop. Hierdie bundel nooi jou om stil te raak, te voel, te onthou en weer te glo dat selfs gewone dae betekenis dra.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Gesiggie om te onthou

Price range: R59.00 through R129.00

Jennifer Hackins is jonk, sorgvry en lewendig – altyd die een wat die partytjie aan die gang hou. Maar haar liefde vir
die bottel en haar dwars natuur bring meer as een nag van skandes. Wanneer sy skielik siek en uitgeput voel, lei dit
tot ’n ontdekking wat haar wêreld omkeer: sy is swanger. Haar droom om by die polisie aan te sluit, vervaag, en sy moet
nou die werklikheid van volwassenheid en verantwoordelikheid in die oë kyk. Saam met Lorenzo, haar getroue maar
mismoedige lewensmaat, begin sy die pad stap na ouerskap – ’n pad vol hoop, vrese, skuldgevoelens en moeilike keuses.
Maar die lewe bied nie altyd sprokies nie…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Los gedagtes

R119.00

Los Gedagtes deur Karien Croucamp is ’n eerlike versameling gedigte wat die rou waarheid van liefde, verlies, verlange en selfontdekking vasvang. Met eenvoudige maar diep trefkrag neem hierdie bundel die leser op ’n reis deur gebroke harte, stiltes wat skree, en hoop wat stadig weer blom. Elke gedig voel soos ’n fluistering uit die siel – soms sag en teer, soms seer en onverbloemd. Die temas van afskeid, moederliefde, gemis en innerlike groei word herhaal soos seisoene wat kom en gaan. Tog bly daar altyd ’n liggie brand: die moontlikheid van môre, van genesing, van jouself weer vind. Hierdie bundel is vir elkeen wat al liefgehad en verloor het. Vir elke hart wat nog leer om weer te glo. Los Gedagtes is nie net woorde op papier nie – dit is emosies wat asemhaal

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Eros

Price range: R69.00 through R119.00

Die bundel Eros is ’n introspektiewe en emosionele reis deur die dieptes van liefde, verlange, hartseer en vreugde. Met
50 gedigte bied hierdie werk ’n uiteenlopende beeld van die menslike ervaring – van die vurige passie van romantiese
liefde tot die pyn van verlies en die vreugde van bevryding. Elke gedig is ’n poëtiese uitdrukking van die gevoelens en
gedagtes wat ons almal ervaar, en probeer om die kompleksiteit van die hart se gevoelens te vang en te uitdruk. Die
titel Eros verwys na die Griekse god van liefde en begeerte, en simboliseer die vurige en soms onvoorspelbare aard van
die liefde wat ons beweeg en vorm. Hierdie bundel is ’n poging om die vele gelae van liefde en die emosies rondom dit
te verken, en om die leser uit te nooi om hul eie ervarings in die woorde te vind.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bokdrol in die pad

R119.00

Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wentelflenters

Price range: R49.00 through R109.00

Wentelflenters is ’n magtige reis deur tyd, geloof, geskiedenis en die broosheid van menswees. Hennie Jones verweef die
skepping, verlies, oorlog, en liefde tot ’n epiese poëtiese kroniek wat oor eeue strek – van Eden se tuin tot die
moderne wêreld se verwoesting en hoop. Elke gedig is ’n flenters van die groter wenteling van lewe en dood, lig en
duisternis, waar die digter worstel met God, mens, herinnering en erfdeel. Met beeldryke taal en klankvolle ritme vang
Jones die onmeetlike omvang van menslike pyn en oorlewing vas. Dis ’n bundel wat nie net gelees nie, maar diep ervaar
moet word – ’n oortuigde smeekgebed, ’n geskiedenis van siele wat steeds soek na betekenis, vergifnis en vrede in die
wentelende chaos van bestaan.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die swart wittebrood

Price range: R39.00 through R109.00

Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur. Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Haar verborge Noodlot

Price range: R39.00 through R109.00

Dihana Swanepoel skraap uiteindelik genoeg moed bymekaar om uit ’n gewelddadige huwelik te stap. Terug in haar tuisdorp en tussen goeie vriende, vind sy weer vrede. Tot Jonathan haar opspoor en haar nuutgevonde vrede van vooraf versteur.
Net toe sy dink sy is nou finaal ontslae van Jonathan, kry sy ’n ontstellende oproep van Johanthan se prokureur. Sy is die voog van Lexi, ’n sestienjarige dogter wat wees gelaat is uit Jonathan se vorige verhouding.
Vasberade om Lexi op te spoor nadat sy geheimsinnig verdwyn het, begin Dihana ‘n intense soektog wat haar lewe omvêrwerp. Sy staar haar eie demone in die gesig, insluitend die pynlike herinneringe aan haar mislukte huwelik.
Ondanks hierdie uitdagings, bly Dihana vasberade en mobiliseer hulp van haar gemeenskap en familie. Haar ontmoeting met Lexi is emosioneel en hartverskeurend, wat lei tot ‘n dieper begrip en ‘n sterk verbintenis tussen hulle.
Dihana se reis is ‘n verhaal van hoop, vergifnis, en die krag van familiebande, terwyl sy streef om ‘n veilige en gelukkige toekoms vir Lexi te verseker.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 … 14 15