Vlug van die Meeue (Groot Druk)
Price range: R79.00 through R269.00Janie vlug na die stil kusdorpie Vissiesbaai in ’n wanhopige poging om haar gebroke liggaam en siel te genees. Die letsels op haar been is ’n bitter herinnering aan die trauma wat sy probeer vergeet, én die rede waarom sy niemand naby haar wil toelaat nie. Maar toe stap Ben, die blonde, vrygees-surfer, onverwags haar lewe binne soos ’n somerbries uit die see. Sy speelse terg en onbeskaamde belangstelling laat haar mure kraak, terwyl sy Labrador, Boeta, instinktief besef dat hierdie man dalk kan help om sy mens weer heel te maak. Terwyl die meeue bo die see sirkel, word Janie gedwing om haar verlede in die oë te kyk en te besluit of sy vir altyd op vlug wil wees, of die vlerke van nuwe liefde durf oopsprei. Kan Ben haar leer om weer te glo – in haarself, in vertroue… en in die liefde?
