Afrikaander
R321.00ʼn Besondere verdienste van hierdie werk is die omstandige besonderhede wat in die bondige lewensbeskrywings van ʼn aantal persoonlikhede, wat elk ʼn sleutelrol in die historiese gebeure van hulle tyd gespeel het, voorkom.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

ʼn Besondere verdienste van hierdie werk is die omstandige besonderhede wat in die bondige lewensbeskrywings van ʼn aantal persoonlikhede, wat elk ʼn sleutelrol in die historiese gebeure van hulle tyd gespeel het, voorkom.
Die boek demonstreer die onverwagse kinkels en kurwes wat ‘n mens se lewenspad kruis en hoe humor en deernis jou pad draaglik en genoeglik maak. Hoe jy uit jou eie en ander se ondervindings leer om sodoende iemand in soortgelyke omstandighede van hulp te wees.
Stap Saam Deur 2021 – Bundel 2
Terwyl ek so deur die gedigte gaan kon ek nie help om spontaan aan Sonja Herholdt se liedjie Loop saam loop saam deur my lewe… te dink nie. En dit is presies wat ons doen deur saam te stap deur 2021. Ons beleef saam met elke digter die emosie en die woorde.
2021 was veronderstel om ons gesond-word-jaar te wees maar weereens was dit nie ons wil nie. Daar is altyd ʼn groter doel vir ons beskik. Ons trap diep spore in die digkuns-wêreld en ons los ons nalatenskap aan ons naaste asook ons taal. Maar ek glo nie enige van die mense sal ooit verstaan waarvandaan ons woorde kom nie. Hoe diep ons moet delf, beleef en selfs leef om die seer, die blydskap, vreugde en hartseer neer te skryf nie.
Mag hierdie stel bundels van 2021 jul herinneringe lewendig hou.
Natalie-Dominique is no ordinary spy—she’s a witty, skilled connoisseur and investigative journalist. When her latest mission from the enigmatic Mr X turns personal after a friend is nearly killed, she dives into a dangerous case involving Russian and Irish criminals. With the help of her elite team, she must expose the truth and stop a deadly plot. The Professor is a gripping thriller filled with action, suspense, and a bold female lead who refuses to back down.
Die verhaal is opgevoer en uitgesaai in 1987-1988 deur RSG. In hierdie emosionele en realistiese verhaal kon u luister na die volgende spelers.
Vir baie gesinne was `n eie motor `n absolute luukse. Treinry was die algemene vervoermiddel, veral vir die spoorwegmense. Vandag hunker baie mense terug na daardie tyd en wil graag stories hoor uit die tydperk. Graag deel ek my persoonlike herinneringe, ervarings en staaltjies met die leser. Baie mense sal hulleself hiermee kan vereenselwig.
Al die vertellinge is uit persoonlike ervaringe.
Rick het egter groter probleme as om net vir Amy te oortuig dat hulle saam ’n toekoms kan hê, want die rustigheid daar in die Karoo word ernstig bedreig deur ’n gewetenlose sindikaat wat nie gaan toelaat dat iemand in hulle duiwelspad kom, nie.
Gaan Rick en Amy al hierdie probleme kan oorbrug?
Wat begin het as ’n reeks van drie boeke, word Renosterspruit 1, 2 en 3 na publieke aanvraag in een boek uitgegee as ’n uiters spanningsvolle reis waarop die leser getrakteer word op alles wat ’n goeie spanningsverhaal vereis.
Rudi en Janneman, twee boesemvriende, werk albei vir dieselfde sekerheidsmaatskappy. Tydens een nagskof bevind hulle hulself by ’n ou, spookagtige winkelsentrum. Die vreemde gebeure by die winkelsentrum loop uit op ’n verhaal wat oor jare strek. Die twee jongelinge begin hulle avontuur as opwindingsoekers en eindig uiteindelik as volwaardige polisiebeamptes van Renosterspruit.
Met ontvoerings, moorde, vreemde karakters en ’n misterieuse bylmoordenaar, beloof hierdie spanningsverhaal om die lesers deurentyd op die punt van hulle stoele te hou.
Wanneer Lukas en Nadia oogkontak maak ontplof die universe. Wat ‘n perfekte kombinasie, die Kunsgeskiedenis professor en kuns kritikus. Omstandighede maak dit duidelik dat hulle vir mekaar gebore is. Dan gebeur die onvoorsiene, Nadia kom tot haar eie gevolgtrekking en vlug. Haar paaie kruis met die skatryk cassino eienaar, maar haar hart smag na ‘n man met ‘n donker baard. Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou?
Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?
Discover the shocking and hilarious truth about one man’s experience during the Covid-19 lockdown in South Africa. This book will have you laughing, crying, and nodding your head in agreement.
This book includes: – How to survive without toilet paper, cigarettes, and alcohol – The emotional rollercoaster of panic buying – The impact of the lockdown on mental health – The dynamic of relationships during isolation – The role of humor in getting through tough times – How to find silver linings in a global crisis.
Annemarie Vermaak is in haar laat veertigs, getroud met Prof Johan Vermaak en het drie dogters. Leer ken die lewe van Annemarie onder die houvas van Johan se verbale, emosionele en later fisiese mishandeling. Haar drie vriendinne speel ‘n kardinale rol in haar lewe wanneer sake ‘n radikale wending neem. Gaan Annemarie die geleentheid kry om ‘n nuwe lewe sonder Johan te begin, en teen watter prys? Hoe stel ‘n vrou haarself beskikbaar vir die moontlikheid van nuwe liefde as daar nog so ‘n sterk houvas op jou lewe is?
Annemarie is ‘n storie van introspeksie, val, opstaan, vergewe en weer begin.
Lazy Sunday afternoon reading, the second book following Many Tales.A journey of ordinary people in unusual occupations and their families and friends sharing their lives.
Leana Taylor has a way with words that makes it exciting to read. In this book she takes you on a journey through the lives of a Tobacconist, a Night Watchman, a Shoemaker and a Jeweler. Once you get past the first sentence in the first story you cannot put the book down.
Elke storie of gedig in hierdie bundel is geïnspireer deur die een of ander liedjie. Waarom nou juis ’n liedjie? Want die lewe is ’n lied, en elke lied vertel sy eie storie.
Musiek is oral om ons. Dit is nie bloot net woorde met ’n wysie nie, dit vertroos en inspireer jou, bepaal soms jou gemoedstemming, laat jou goed voel. Soms maak dit jou ook hartseer, herinner jou aan dit wat eens was.
Jou gunstelingliedjie verplaas jou na ’n spesifieke plek, gebeurtenis of ’n bepaalde tyd in jou lewe. Musiek is die ritme van ons bestaan.
Ria Richards
Stap Saam Deur 2021 neem lesers op ’n emosionele reis deur ’n jaar vol verlies, pyn en hoop. In die nadraai van ’n moeilike 2020 het mense gehoop op beter tye, maar 2021 het steeds hartseer gebring. Tog het digters hul stem gebruik om hoop te bring waar daar wanhoop was. Hierdie bundel vier nie net die seisoene van die jaar nie, maar ook die seisoene van die hart – van rou na herstel, van afstand na verbondenheid, en van stilte na weerklinkende digkuns.
As kaptein Ferguson by Constant hoor wie Dalton se ouers is, neem die saak ‘n heel ander wending.
Word die reeksmoordenaar gevind? Wat het Dalton se ouers met die saak te doen? Die kan wurms wat hulle oopmaak is op die einde baie groter as wat hulle ooit kon verwag.
Zavon Frazier en Kyle Pienaar, is toegewyde veldwagters in Namibië se Teenstropingseenheid, in hul stryd teen genadelose renosterstropers. Namate hul ondersoeke dieper delf, ontdek hulle ‘n goed georganiseerde misdaadnetwerk wat oor grense strek. Tegniek, moed, en ‘n vasberadenheid om natuurlewe te beskerm, dryf hul missie. Tussen die ruwe landskappe en morele dilemmas moet hulle vinnig optree om ‘n katastrofe te voorkom en geregtigheid vir hierdie bedreigde spesies te herstel.
Sal hulle alleen die stryd wen teen renosterstropers of wag daar verrassingselemente vir Zavon en Kyle?