Harte van hout (Groot Druk)
Price range: R89.00 through R209.00Skilpadkop het baie interessante karakters- Bibi, Mia se beste vriendin, wat saam met haar skool gee. Bibi is ʼn vurige rooikop wat streef daarna om ʼn huwelik te kan hê soos Mia en Louw.Tannie Poppie en Oom Jors is Mia en Louw se bure en voel meer soos familie as vriende. ʼn Baie hegte en spesiale band het oor die jare tussen hulle gevorm.
Tannie Betsie maak seker dat daar geen rus en vrede op Skilpadkop is nie. Waar sy onmin kan saai, saai sy onmin.Dan kom die noodlot en wys hoe wreed en genadeloos dit kan wees…
Soms verander mense se harte in hout om seerkry te kan oorleef. Kan twee hout harte mekaar weer warm en kloppend skuur?
