Liefde op ‘n leĆ« doek (Toeganklike Grootdruk)

R219.00

Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hĆŖ – in die hof Ć©n in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

Bekende vreemdeling (Toeganklike Grootdruk)

R229.00

Talita Groenewald se lewe verbrokkel in een oomblik toe haar verloofde haar verraai en vir ‘n ander vrou kies. Wanneer Talita ontdek dat die man wat sy probeer vergeet het, niemand anders as die invloedryke Jacques Streicher is nie, word haar wĆŖreld weer omvergewerp. Sal sy die moed hĆŖ om die waarheid te onthul? En sal Jacques haar kan vergewe vir die geheim wat sy al die jare bewaar het?

Die man van Proxima (Grootdruk)

R229.00

Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wĆŖrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wĆŖreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Die perfekte trofee (Grootdruk)

R209.00

‘n Reeksmoordenaar teister die stad. Een vir een word jong vroue vermoor, en by elke grusame toneel laat die moordenaar dieselfde boodskap agter – ‘n uitdaging aan Speursersant Wilburt Winterbach. Die kat-en-muis-speletjie raak al gevaarliker, en elke nuwe leidraad bring hom nader aan die waarheid of dalk nader aan sy eie ondergang. Terwyl Wilburt onverpoosd jaag om die moordenaar vas te trek, word die mense naaste aan hom deel van die spel. Veral Sonette – die vrou wat sy hart gesteel het. Wanneer die grens tussen plig en liefde vervaag, moet Wilburt besluit hoeveel hy bereid is om op te offer om die monster te stop. In ‘n wĆŖreld waar niemand heeltemal onskuldig lyk nie en elke glimlag ‘n geheim kan verberg, word die jag op die moordenaar ‘n wedloop teen tyd. Want vir sommige mense is menselewens niks meer as trofeĆ« nie…

Volg my beminde (Grootdruk)

R239.00

Frankryk lĆŖ agter haar. Voor haar wag die onbekende. Dianne du Bois laat haar geboorteland agter met vervalste dokumente, ‘n nuwe identiteit en ‘n hart wat net aan een man behoort. Saam met haar vriendin, Madelein Scheepers, waag sy die gevaarlike seereis na die Kaap die Goeie Hoop – met die hoop dat haar geliefde, Godfrey Bourgogne, ook daarin geslaag het om te ontsnap. Godfrey het sy titel, sy erfporsie en die lewe waarvoor hy bestem was, prysgegee vir die vrou wat sy hart gesteel het. Maar geheime, gevaar en die lang reis oor die oseaan bedreig hul toekoms op elke draai. Sal liefde sterk genoeg wees om die storms van die see Ć©n die vooroordele van die samelewing te oorwin? Volg my Beminde is ‘n meesleurende historiese roman oor onwrikbare liefde, vriendskap en die moed om jou eie bestemming te kies.

Towerspel (Toeganklike Grootdruk)

R229.00

Rudolf Brink glo nie liefde is vir almal beskore nie, Cariana Zeeman glo dat liefde afleiding bring van haar drome. Kan
twee mense wat glo liefde is nie vir hulle bedoel nie, leer om weer te vertrou? Of sal hulle die grootste geluk van hul
lewe laat verbygaan? ‘n Hartroerende verhaal van genesing, tweede kanse en die moed om jou hart oop te maak vir liefde.

Towerspel (Grootdruk)

R219.00

Mirna Boeson wil net een ding hĆŖ: ‘n gewone lewe. Vir tien jaar het sy haar towerkragte onderdruk, hard gewerk en alles gedoen om haar donker verlede agter te laat. Maar daar is een probleem: haar opstandige tweelingsuster, Nalene, leef steeds in haar kop – uitgesproke, impulsief en altyd gereed om ‘n bietjie chaos te saai. Wanneer Mirna se sorgvuldig opgeboude wĆŖreld begin verbrokkel, word sy gedwing om weer die magie te gebruik wat sy so lank probeer vermy het. Skielik beland sy op die radar van die geheimsinnige Juan Cloete, terwyl ou vyande uit die skadu’s begin beweeg. Met gevaar wat al nader kruip en geheime wat nie langer versteek kan bly nie, sal Mirna moet besluit wie sy werklik is: die gewone vrou wat sy probeer wees, of die heks wat die noodlot bestem het sy moet word. Towerspel is ‘n betowerende verhaal oor liefde, lojaliteit, opoffering en die krag om jouself te aanvaar – selfs die dele wat jy die hardste probeer wegsteek.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Brimming Buckets

Price range: R99.00 through R179.00

Brimming Buckets is a heartfelt collection of inspirational Christian poetry that invites readers on a refreshing spiritual journey. Through gentle verses and vivid imagery, Johanita Viljoen beautifully reflects on faith, hope, love, nature, and the overlooked blessings of everyday life.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Op ‘n dag soos vandag

Price range: R79.00 through R129.00

Op ’n dag soos vandag is ’n digbundel wat die leser neem op ’n reis deur die alledaagse — van liefde, verlies en geloof tot humor, herinneringe en innerlike stryd. Met eerlike woorde en beeldryke taal raak elke gedig aan die hart van menswees en die klein oomblikke wat ons vorm. Die verse wissel tussen diep nadenke en ligte nostalgie, terwyl temas soos hoop, genade, identiteit en herstel soos ’n goue draad deur die bundel loop. Hierdie bundel nooi jou om stil te raak, te voel, te onthou en weer te glo dat selfs gewone dae betekenis dra.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Byt van die Bloedhond

Price range: R129.00 through R319.00

’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort nĆ” opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wĆŖreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen verlies en asemhaal

Price range: R99.00 through R189.00

Tussen Verlies en Asemhaal is nie ’n mooi storie met netjiese antwoorde nie. Dis ’n rou, eerlike reis deur geweld, verwerping, stilte, liefde, verslawing en die diep verlange om net ĆŖrens te behoort. Daniel Pretorius vertel van ’n lewe vol rondswerf, wegkruip en probeer oorleef in ’n wĆŖreld wat hom dikwels laat voel het hy is verkeerd. Van ’n seun wat moes leer om sy eie asem terug te vind tussen trauma, geheimhouding en verlies. Dis ’n verhaal van: gebroke families, verbode liefde, Hillbrow se lig en donker, die letsels van woede, en die klein, hardnekkige hoop wat nooit heeltemal doodgaan nie. Brutaal eerlik. Soms seer, maar altyd menslik. Want selfs tussen verlies … bly ’n mens asemhaal.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Droomstories uit die Towerbos

R299.00

Welkom in Towerbos – ’n betowerende plek waar elke aand ’n nuwe droom begin. In hierdie warm en hartroerende versameling stories ontmoet jy dapper vlermuise, vriendelike engele, vrolike muise, slim seesterre en baie ander wonderlike karakters wat die nag vol magie maak. Elke storie neem jong lesers op ’n sagte avontuur vol vriendskap, moed en hoop. Soms leer ’n klein vuurvliegie hoe om ’n lig in die donker te wees. Soms ontdek ’n hasie dat ware wonders in nuwe vriendskappe lĆŖ. En soms wys ’n tandmuis of ’n klein bytjie dat selfs die kleinste helde ’n groot verskil kan maak. Droomstories uit Towerbos is perfek vir slaaptyd-stories wat hartjies rustig maak, verbeelding laat vlieg en kinders herinner dat hulle kosbaar, veilig en geliefd is. Maak jou ogies sag toe, luister na die fluistering van die bos … en laat die droomavonture begin.

As maskers val (Grootdruk)

R289.00

Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.

Paradys (Grootdruk)

R299.00

Riccardo Caselli is in ’n ernstige geloofstryd gewikkel na die dood van sy verloofde ’n jaar gelede. Hy dink daaraan om te bedank, maar sy medeleraar – ook sy beste vriend – praat hom om om Paradys toe te gaan en in te staan vir die predikant wat in die hospitaal is na ’n hartaanval. Teen sy sin stem Riccardo in, maar raak tog betrokke by Paradys se mense. Die mooie BernĆ© Krige, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, kruip sommer gou onder sy vel in. Hy loop hom ook vas in BernĆ© se jonger suster, Jeandri, met haar bont hare, skokkende kleredrag en swak taalgebruik wat nĆ­ks reg wĆ­l doen nie. Al word hy gewaarsku om nie betrokke te raak by Paradys se swartskaap en moeilikheidmaker nie, kom hy gou agter; onder daardie rebelse dop is ’n mens waarvan niemand in Paradys weet nie. Nadat Jeandri in ’n ongeluk was, laai Riccardo haar af by tant Fina – Paradys se kluisenaar wat predikante hƔƔt. Kan Riccardo Vir Jeandri hervorm sodat sy aanvaarbaar sal wees vir Paradys? En sal hy tant Fina kan oortuig dat alle predikante nie dieselfde is nie? Ferdinand se hulp word ingeroep, maar Ferdinand verloor sy hart op die beeldskone Cinelle de Groen. Hoe kan daar ooit ’n gelukkige einde wees wanneer BernĆ© besef dat Cinelle die suster is wie sy so haat en dat sy vir Riccardo gaan verloor?

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sterrevegters Boek 7 Die oorlog

Price range: R109.00 through R229.00

Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoĆÆede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In His Mirror

R159.00

Shonita is a writer, encourager, and most important to her – a big sister, who has always carried a deep desire to uplift the women around her—especially her younger sister and the friends who have become like family. Having personally walked through seasons of insecurity and self-doubt, she knows what it feels like to question your worth and fight the lies that try to distort your reflection. But in the quiet places of healing, she found her worth not in the world’s approval, but in the unwavering love of her Creator. Through In His Mirror, Shonita reminds women that their biggest cheerleader is not culture, comparison, or perfection—it is the Lord. And the words we speak over ourselves carry power. It’s time to break free from the lies that distort our worth and begin to declare what He says is true.

1 2 9