Leesgenot 8
Price range: R89.00 through R239.00Drie uiteenlopende verhale.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Drie uiteenlopende verhale.
Met n skryfstyl wat liries, humoristies en deurspek is met volkseie vertelkuns, bring Cierenberg n vars stem na die Afrikaanse kortverhaalkuns. Dit is n bundel wat mens nie net lees nie, jy beleef dit.
Die temas sluit die menslike gees, familiebande, plattelandse eenvoud, en die onvergeetlike humor in gewone situasies in. Karakters soos Hester en Sypa word liefdevol beskryf, terwyl tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse leefstyle harmonieus ineengestrengel word. Die verhale is ‘n mengsel van skerp humor, lewenswyshede en nostalgiese oomblikke, en bied iets vir elke leser wat van karaktergedrewe verhale hou.
Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die
dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe
onseker.
3 Verhale in 1
Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.
Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.
Mirna en Nalene Boeson is ’n tweeling in die heksgemeenskap diep in die bosse in die noorde van die land, maar hulle verskil soos dag en nag. Mirna is stil en verantwoordelik, maar Nalene is gedurig in die moeilikheid, veral toe sy met swartmagkuns begin eksperimenteer. Nadat Nalene vir Suhara, die hoofheks, in ’n klip verander, moet hulle vlug vir hulle lewens. Om te keer dat Nalene ooit weer haar towerkrag kan gebruik, word sy vasgevang in Mirna, en met Joanne, hulle ma se suster, se hulp word Mirna in Kaapstad gevestig waar ’n weldoener sorg dat sy haar lewe kan voortsit.
Andolene wen die kompetisie en dit gooi haar lewe erg deurmekaar. Nie net alleen moet sy Charlene se woede en haat hanteer nie, maar ook die wete dat sy van Heinrich sal moet vergeet, veral toe dit uitkom dat Nicky se van eintlik óók Malan is en dat Heinrich langs haar waak toe sy geboorte skenk aan ’n seun.Charlene se woede bou op tot ’n punt waar sy nie meer beheer het oor haar optrede nie en Andolene moet ’n duur prys daarvoor betaal.
Pa het altyd gesê lag is die enigste manier om die lewe se oppe en affe te hanteer.Soms word mens egter gekonfronteer met dinge totaal buite jou beheer, dinge wat die grond onder jou voete uitneem. ʼn Bitter moeilike jaar by die werk, siekte en dood … Ek kon kies – sink of skryf, lag of huil.
Met elke verhaal neem die Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.
Arondshoop is ’n plattelandse dorpie geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal vir almal ken. Elkeen van die inwoners het ’n storie. Daar is oom Kallie Klikbek en sy vrou Sara, en soos wat lesers van sy naam kan aflei, is oom Kallie maar lief om stories stertjies aan te las. So beland hy ampertjies in die moeilikheid toe hy by Rika flikflooi vir ’n karnaaitjie.
Elke leser bly maar op soek na goeie stories as teenmiddel teen die donker wat ons dikwels wil insluk, en na ‘n ontsnappingsroete, om vir ‘n oomblik te vergeet van tyd.
Afrikaanse stories is tydloos en jy kan verdwaal in die leefwêreld van fiksie.
Dit is ‘n bundel kortverhale, deursprinkel met nostalgiese stories en ‘n móét-lees vir almal, maar veral vir Afrikaners en dié wat hou van goeie Afrikaans.
Allison beeld haar liefde vir Afrikaans in hierdie besonderse bundel mooi uit. Sy beskryf haar taal as wonderlik want ‘n klinker en vokaal vorm saam ‘n woord wat lewe bring.
“Vanoggend brand die helder son weer alles dood,” praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos, met sy kop in sy hande. “Wat ook al gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief,” antwoord Paul. “Die Moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel,” praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand.