Karoojag
Price range: R59.00 through R169.00Hierdie is my eerste kortverhale bundel en ek wil jou neem om saam met my en my vriende in die Karoo te gaan jag.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Hierdie is my eerste kortverhale bundel en ek wil jou neem om saam met my en my vriende in die Karoo te gaan jag.
Die inwoners van Venetia, ’n klein dorpie in Limpopo, word maande lank getreiter deur ongure karakters wat nie skroom om te steel en te moor om hulle beursies aan te vul nie. Sleutelfigure van die gemeenskap word deur die mag van geld by renosterstropery, diamantsmokkelary, en die vervaardiging van dwelms betrek.
Botha Barnard, of Baster soos wat hy alom bekendstaan, besluit om sy lyf na al die jare weer polisieman te hou en self ondersoek in te stel, nadat daar meer as een keer ’n aanslag op sy lewe gemaak en sy renosters gestroop word.
Hoërskool is waar drome gedroom word en kleintyd vriendskappe vlerke kry. Dit besef beste maats Ruan en Tersia eers toe hulle Playstation-wars verander in ‘n stryd vir die ander een se hart! Om jonk, verlief en verlore te wees, het natuurlik sy uitdagings. As mens jonk is, wil jy soen. As mens te veel soen, wil jy ander dinge met die letter S begin doen wat baie aanlokliker lyk!
Is Ruan en Tersia gereed om die wilde rollercoaster te oorleef van ‘n egte tiener romanse wat bestaan uit oorweldigende gevoelens en vuurwarm begeertes? Hoe gaan hulle besluite hulle verhouding beïnvloed? Is hulle bestem om vir altyd net vriende te wees, of kan hulle begin glo aan ‘n sprokieseinde saam?
Beleef die rou emosie saam met Ruan en Tersia deur aan ons interaktiewe Tiener Drome en Spoke-reeks deel te neem en namens die karakters te besluit hoe hulle storie gaan eindig.
Onbewus van haar ware herkoms, is Diana van Varenberg ’n lewenslustige, uitgesproke jong meisie wat lief is vir vinnige motors en voel op haar gemaklikste in haar denim klere. Haar ma, Jessica, wat die geheim al vir amper een en twintig jaar bewaar, word genoop om haar die waarheid te vertel toe Diana haar meedeel dat die studente DNS-monsters van hul familie moet neem en navorsing doen oor hulle voorgeslagte. Hoe gaan haar dogter op die nuus reageer wanneer sy uitvind dat dokter Jean-Claude van Varenberg nie haar biologiese pa is nie?
Die drieling-susters Luna, Diana en Irene kan van kleins af dinge doen wat ander kinders nie kan nie. Een van die spesiale gawes is, dat hulle met enige seedier kan kommunikeer, en hulle is baie lief vir water. Daar word gedurig met hulle daaroor gespot, tot hulle ma besluit die drie is nou oud genoeg om by die ander van hulle soort aan te sluit. Hulle word na ‘n pragtige sprokieskasteel aan die voet van die Meru-gebergte gestuur.
Luitenant Bruce McClane aanvaar ’n betrekking by die New York Polisiedepartement. Hy stap by OR Tambo Lughawe aan boord van die vliegtuig om uiteindelik by sy vrou en twee kinders aan te sluit wat reeds maande gelede verhuis het na New York. Min weet hy van al die drama wat tydens die vlug, en ook in New York op hom en sy gesin wag. Sy vlug na New York ontaard in ’n nagmerrie en hy moet veg vir sy en die passasiers se lewens.
Sy aankoms in New York, word in chaos gedompel wanner hy saam met sy vrou, Ilzé, ’n werksfunksie moet bywoon. Mense word gyselaar geneem en Bruce moet tot die redding kom.
Tydens ’n bomdreigement by ’n inkopiesentrum waar Ilzé inkopies doen, moet Bruce weereens tot sy vrou se redding kom. Weke daarna tref ’n tornado New York, en tydens die storm red hy ’n seuntjie. Klein William herinner hom aan sy niggie, Gina-Maria, maar gaan hy haar betyds vind en haar red van haar narsistiese man?
Ten midde van al die drama, is daar darem baie goeie nuus wat Bruce en Ilzé op ’n wolk van geluk laat sweef…
Loret Zwarts skryf gedigte oor twee dekades en na berading word dit terapie. Uit die seerkry in haar lewe is hierdie bundel gebore. Elke letter dans op die maat van emosie in swart geklee op wit papier.
Die titel Truspieël is dan ook gepas, om te onthou, maar nooit weer terug of om te kyk nie. Truspieël is rou emosie van ‘n vrou en ma wat nie toegelaat het dat seerkry haar omgee en liefde steel nie.
Merinda en Melanie, ‘n identiese tweeling, word kleintyd geskei. waar elkeen met ‘n ouer apart grootword. Melanie word saam met hulle moeder by tant Ester groot, en Marinda bly by haar vader in die groot herehuis; die huis van onheil waar pedofiele uitgesoekte gaste is. As kind, tiener en later ‘n jong vrou weet Merinda presies hoe ‘n man se kop werk. Sy leer om in onuithoudbare omstandighede te oorleef en ook hoe om haar vrees en liggaam as wapen te gebruik om haar doel te bereik.
Die lief en leed van ‘n spoorweg-gemeenskap wat die lewe van anderkant die treinspoor ken.
‘n Hartroerende verhaal van Drien en Sarie en hulle verbete baklei teen die wrede werklikheid van verkragting, molestering en aanranding. Sal die mense van Stasiehuis no 5 weer vrede vind?
Kom lees hierdie boeiende verhaal en ervaar die swaarkry van anderkant die spoorlyn.
Dit is hier waar mens leef, vir ’n rukkie vergeet van als wat onnodig saamsleep En nie vergeet wil word nie. Weer soos vanoggend, wat ’n paar blou oë hom agtervolg wat hy liefs weg wil bêre in hartskamers wat hare alleen was. Hy’s nog nie reg om haar daar uit te haal en aan te beweeg nie. Hy klim uit, stadig, leun oor die deur en kyk skrefies oe die veld in. Die lug is dun en vars en hy vat ’n diep asemteug en blaas dit hard uit terwyl hy uitrek met sy arms bokant sy kop. Die blonde hare lê deurmekaar op sy voorkop en selfbewus trek hy sy hand daardeur.
Die lewe is ’n tyd in ’n uurglas verseël. My halfeeu-bestaan lê in hierdie bundel in ink op papier. Ek het kaalvoetspore wat ek in liefde kon omsoom. My lewe het deur die uurglas in keuses en swaarkry gestroom. Woorde wat skarrel tussen ink op papier, wat getuig van ’n halfeeu se liefde en leed. Vreugdes wat ek aan elke sandkorrel kon meet.
‘n Christelike digbundel wat inspireer
In Genade Vlerke word my lewe word bymekaar gemaak net soos broodkrummels.
‘n Digbundel wat spreek tot in jou hart.
Lynette se huwelik is op die rand van ondergang oor Johan se verslawing aan glanspapier-verraad. Sy wil skei, maar gee in tot ná sy weermagkamp. Wanneer Johan ernstig gewond uit Angola terugkeer, kom die skokkende waarheid na vore: hy het dalk meer as net haar verraai – dalk ook sy land. Terwyl hy in ’n koma lê, soek sy en die weermag antwoorde. Intussen vind sy steun by Wikus, die medic. Maar geheime van twee generaals en ’n tweeling verander alles.
Each day is a new gift to open. A new day for new beginnings and opportunities. Don’t let a problem stand in front of you like a mountain.
Start with small steps, one at a time, and you will reach the top with confidence and pride.
An Inspirational Bundle.
Hoer van die Karoo is ‘n tipe drama, tragi-komedie. Dit gaan oor ‘n losbandige boeremeisie wat op 17 swanger raak en nie weet wie die kind se pa is nie. Dan loop sy weg van die huis af en reis deur verskeie Karoo dorpies waar sy of self verwoesting saai, of deel word van ander mense se verwoesting totdat sy uiteindelik ‘n stabiele man ontmoet wat haar lewe handomkeer verander.
Haar lewe is nie altyd maklik nie en elke nou en dan skemer haar rebelse streep deur. Omdat sy nie die kind kan verdra nie, gaan die boek ook oor die verhouding tussen ma en kind. Daar volg latere swangerskappe, drama en op die einde word die sirkel voltooi wanneer sy teruggaan om haar familie te gaan besoek.
Haar ma het haar destyds verag vir wat sy gedoen het en het in die proses haar familie van haar vervreem. Daar is baie drama asook komedie maar ook heelwat lewenslesse.