Bruilof op ‘n Sonneblom
R339.00Duet bundel met Margaret Bennett
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Duet bundel met Margaret Bennett
Duet bundel met Loret Zwarts
Kurt Wessels se vrou en dogtertjie van vier, Vera, weier om hom te sien, nadat sy die lewe geskenk het aan n seun met Down Sindroom.
Hy neem die baba na sy plaas Wesselsrust, waar hy hom met behulp van sy werknemers se vroue, die seun probeer grootmaak, maar die kind sterf. Sy kind se operasies, n reuse veldbrand en ander kostes veroorsaak dat hy sy plaas verloor.
Die nuwe eienares vra hom om aan te bly en sy het n tweeling; n dogter en n seun ook met…
‘n Keur uit die gedigte van Sybie Kleynhans
Sybie weerspieël sy fyn sin vir humor wat telkens ʼn giggellag laat opborrel in komiese situasies om net in die volgende storie jou weer ʼn traan te laat pink.
Aksie, bloedvergieting en verraad snipper aan sy toekomsplanne. Gaan hy liefde vind, of rol die dobbelsteen van die noodlot, weereens teen hom?
Op Yuri se aandrang stem Wolf in om hulle te help met die tem en opleiding van die diere.Nooit het Wolf kon dink dat ’n vrou ooit weer sy hart sal sagmaak nie, maar is die liefde vir hom beskore?
Die verhaal verweef romanse, aksie en intrige, met die Suid-Afrikaanse landskap as agtergrond. Gerhard se strewe na ’n eenvoudiger, betekenisvolle lewe bots met Chiara se weelderige drome, en hulle verhouding word getoets deur krisisse wat lojaliteit, vertroue en identiteit uitdaag. Tyd van die Leeu is ’n dinamiese verhaal wat die leser meeneem na die uiterstes van liefde, verlies en oorlewing.
As ‘n hoofkarakter is Dirk die perfekte held, alhoewel hy dapper en edel is, het hy ook foute. Sy ongeduld, humeur en impulsiwiteit kry hom telkens in die moeilikheid. Sy liefde vir die skoner geslag laat beland hom telkens in die warm water en verskaf hom groot persoonlike hartseer.
Hierdie boek is egter nie geskik vir sensitiewe lesers nie.
Eensaamheid dryf hom terug na van sy vorige verhoudings en verneem hy van sy oorhaastige optrede en die vraag is, gaan hy weer te laat wees. Sal hy uiteindelik besef dat sy droom werklik stukkend en tot niet is. Of sal hy weer die kans kry op ‘n nuwe droom en ware liefde.
Van beeste wat vrek gemaak word tot moorde, onder andere sy beste vriend. En dan kom die vrae …
Waar pas Erlank in die prentjie in? Gaan Ryan ‘n vrou weer kan vertrou? Is daar satanisme betrokke? Is wraak nodig?
Te midde van hierdie chaos, ontmoet Wolfgang Marlette, ‘n raaiselagtige vrou wat ‘n onuitwisbare indruk op hom laat. Terwyl hy sy plek in die wêreld probeer herwin, word hy gekonfronteer met familietrou en die skaduwees van sy verlede. Die soeke na waarheid lei tot onverwagte verbintenisse en ‘n stryd om regverdigheid, met die hoop op versoening en vrede.
Ratel kyk op, sy rosyntjie gesig word strak, want wat hy in klein Dirkie Pienaar se oë sien maak hom bang.Dit is rou, naakte haat.
Agter hulle gaan sit die eerste brommer op die bloedbevlekte kaktusblaar … dan is daar nog een … en nog een …
Na ‘n woordewisseling keer Bert terug na Suid-Afrika en die twee vriende breek alle bande. Jack neem wraak op die brein agter die moorde en daar vind hy uit wie verantwoordelik is vir die dood van sy vrou en vriende. Hy besluit om terug te keer na Suid-Afrika, hierdie keer met Tereza Lopez Follet en RJ van Vuuren Follet by hom. In die Kalahari koop hy weer ‘n plaas en begin van vooraf. Bert verraai hom aan die plaaslike Polisie, maar sy Spaanse burgerskap stuit hulle. Na heelwat drama ontmoet hy weer Beulah Senekal Visser en die hartstog-dinamiet ontplof.
Gaan sy liefde vir Beulah, Jack se wraak stuit of gaan die noodlot dit weereens kelder?
Boek 4 – Hierdie roman is propvol intriges en spanning wat jou vasgekluister hou aan elke bladsy met verrassende gevolge, in so ’n mate dat jy nie die boek kan neersit nie, te bang jy mis wat Roger Flemming volgende gaan doen om sy slagoffers te laat boet ………
Die boek wat die Dirk Pienaar Trilogie finaal afsluit!
Boek 1 – Thola Sana
Boek 2 – Ramadi
Boek 3 – Noha
Boek 3 van die Dirk Pienaar Trilogie
Ratel staan stil en kyk. “Daar is bloed op die maan. Ratau se bloed. Buite tjank ‘n jakkals en dan is dit stil op Pienaarshoop.
En so eindig die spanningsvolle boek van moord, doodslag en verraad. ʼn Boek wat jou naels laat kou, senuwees laat uitrafel en jy net nie kan neersit nie.