PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kaktus in die woestyn

R169.00

‘n Digbundel deur twee digters wat in duet ‘n boodskap bring aan die leser: dankie liewe leservir jou saam lees en voelons bid dat jou hart opgewek is in vreugde deur ons getuienis wat ons met jou gedeel het (MM)
waar ons negatiewe lewe in positief verander het dat daar nog HOOP daarbuite is (TM)
moenie terug kyk dit bring net ongeluk kyk noord en ontvang jou nuwe lewe beweeg in geloof vorentoe (MM)

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tot oneindig einde kry (Groot Druk)

R169.00

Lee Boucher het alles wat sy nodig het—’n suksesvolle loopbaan as klereontwerper, ’n lewe vol kleur en vriende wat vir haar omgee. Sy hou nie van ontwrigting of ingewikkelde situasies nie. Maar toe sy letterlik in Thomas Bruwer vasloop, verander haar voorspelbare wêreld. Hy is ’n ernstige, tydbehepte boekhouer, met ’n kort humeur en ’n nog korter lont vir speelse vroumense soos sy. ’n Onbedoelde ontmoeting, ’n paar onhandige oomblikke en ’n toevallige ete saam bring hulle paaie op ’n manier bymekaar wat Lee nie kon voorsien nie. Maar Thomas laat haar voel op maniere wat sy lankal begrawe het. Hy daag haar uit, toets haar geduld en raak gevaarlik naby aan haar hart. Kan ’n man wat sy lewe volgens sy horlosie leef en ’n vrou wat dans waar die wind haar waai, mekaar regtig vind? En as hulle mekaar vind, sal hulle dapper genoeg wees om te kies vir wat regtig saak maak? Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe onseker.

Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)

R169.00

Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

PAPERBACK
Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kaleidoskoop (Kortverhale en gedigte)

R179.00

Allison beeld haar liefde vir Afrikaans in hierdie besonderse bundel mooi uit. Sy beskryf haar taal as wonderlik want ‘n klinker en vokaal vorm saam ‘n woord wat lewe bring.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoo

R179.00

Karoo, die digbundel is ‘n nostalgiese woordreis met gedigte waar die leser die Karoo se stilte, natuurskoon en mense gaan beleef. Dit is ‘n samevatting van Karoo gedigte, stories en foto s deur die jare met verskeie gedigte oor die Groot en Klein Karoo.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kaalvoet Vroue

R179.00

Na al die storms wat die vrou deurgegaan het, is daar vandag stilte, die stilte van die graf. ‘n Volk kan alleen opgebou word deur die vrou. As die kinders die tradisies van die voorouers vergeet, sal die volk verlore gaan …
Hierdie digbundel bestaan uit gedigte oor die vroue in ons geskiedenis…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ongetemde liefde

R179.00

Ek wou ongetemde liefde opdra aan al die vorige vrouens in my lewe, toe onthou ek daar is nie. Nou dra ek die bundel op aan die vrou wat nou in my lewe is. Ook dit is streng gesproke ‘n probleem want ek soek nog na haar, daarom dra ek hierdie bundel op aan die liefde, almal wat dit reeds het en almal wat daarna opsoek is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Between the lines

R179.00

Life is filled with people who hide their pain very well. Most people wish that someone will see the pain that they are hiding behind smiles and laughter; behind being funny. Sometimes people open up about their pain to people who don’t understand or don’t care. Sometimes people can’t begin to imagine how deep your scars run or how bad the pain is. This anthology of poems is just how I try to listen to words people don’t say and read between the lines of what people don’t write. It is so people can know that no matter what, some people do see you, they hear you and they understand. I want you to know that no matter what, you are not alone.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die hart van ‘n vrou

R179.00

’n Vrou is die hart en krag van haar huis en gesin. Sy staan sterk, al wys sy nie altyd haar kwesbaarheid nie, en beskerm wat sy liefhet sonder vrees of huiwering. Haar liefde, opoffering en standvastigheid dra haar man, kinders en huis deur elke storm. Sy is ’n bron van wysheid, raad en onuitputlike ondersteuning — ’n ysterhand met ’n hart van goud. En bo alles wil sy net liefgehê word, want haar invloed op ander se lewens is onmeetbaar.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mam Teaching from the heart

R179.00

I spend my life among teenagers, teaching them some English, some survival skills, some life skills and sometimes some basic skills. “We don’t fart in class”, “We don’t scream in class”, “Don’t scribble on your desk!”, “When you hear my voice it means your lips close automatically!” These phrases fall from my lips uncountable times a week.
And the phrase I repeat most of all: “No, you can’t go to the bathroom! It’s just been break!”.
I love my job. I love my kids. Yes, that’s what they have become. My kids. Many days they drive me crazy. Most days they give me hope.Includes “The Plan”: A simple, 5 step classroom management strategy.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Onuitputlik

R179.00

Jaag nie die lewe na nie maar leef ‘n oomblik vir ‘n oomblik

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oorwinnende vlinder vroue

R179.00

Dit is hier waar ons besef ons was nooit alleen, Jesus gee om vir ons, en vir jou. Sy liefde en genade ken geen einde. deur Hom is ons hartsvriendinne, gebind in geloof
Dit is waar ons as die mooiste vlinders verskyn in skakerings van… WIT, PIENK, PERS, BLOU EN GROEN

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die lag in jou oë (Groot Druk)

R179.00

Rita Botha vlug uit ’n verlede vol oordeel, stilte en seer, op soek na ’n nuwe begin. In ’n onbekende dorp, by ’n eenvoudige skool en in ’n klein tuinwoonstel, begin sy stadig weer asemhaal. Hier ontmoet sy mense wat haar nie ken vir wat ander oor haar gesê het nie, maar vir wie sy ís: ant Hartjie met haar oop hart, Pieter met sy stil krag, en vreemdelinge wat onverwags lig bring.   Terwyl Rita haarself stukkie vir stukkie herontdek, moet sy ook die spoke van haar verlede in die oë kyk – ’n huwelik wat haar gebreek het, ’n dogter wat haar verwerp, en ’n geloof wat as wapen gebruik is. Die lag in jou oë is ’n aangrypende verhaal van verlies en genesing, van tweede kanse en die moed om weer te leef. Soms begin vryheid met iets eenvoudig: om net weer te lag.

Duineprinses

R179.00

Wanneer Jacques Louw, ’n man met ’n geskonde verlede en ’n hart vol geheimenisse, sy volbloed Arabierhings Amir na ’n internasionale perdekompetisie neem, vermoed hy nooit dat sy wêreld finaal uitmekaar geruk gaan word nie. ’n Onbekende Arabiese vrou en haar metgesel bied miljoene dollars vir Amir – maar wanneer Jacques weier, raak die spel dodelik. In die nag word sy ma ontvoer, sy troetelhond beseer en sy veilige wêreld op Rietput uitmekaar geskeur. Die losprys? Amir… en Jacques self. In ’n wedloop teen tyd word hy gedwing om na die Sahara terug te keer – die plek waar hy jare tevore probeer vergeet het… en waar die geheim van die “prinses van die duine” hom steeds teister. Met sy vriende aan sy sy, maar omsingel deur leuens, magte en woestynwetteloosheid, moet Jacques veg vir die mense wat hy liefhet. In die sandduine wag antwoorde, maar ook ’n prys wat moontlik te hoog is om te betaal…

Bloedrooi Papawers (Groot Druk

R179.00

Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

1 46 47 48 51