Wanneer kuber-liefde tuimel (Grootdruk)
R269.00Vir die eerste keer in jare voel Alet weer jonk, begeerlik en hoopvol. Bernhard is sjarmant, oplettend en presies die man wat sy gedink het sy nooit weer sou ontmoet nie. Maar terwyl Alet haar hart al hoe verder oopmaak, hou Bernhard hardnekkig dele van sy lewe geheim.
Haar dogter, Kaitlin, vertrou hom van die begin af nie. Sy sien dinge wat haar ma nie wil raaksien nie. Wie is die geheimsinnige Daleen? Waarom verdwyn Bernhard se boodskappe? En hoekom weet Alet so min van die man op wie sy verlief geraak het?
Wanneer die waarheid uiteindelik uitkom, sal Alet moet besluit of liefde genoeg is om verraad te vergewe.
