Absolute Geregtigheid
Price range: R139.00 through R339.00Die spanning bereik ‘n hoogtepunt wanneer Hugo Storm naby is om die waarheid agter die vervalste dokumente, onopgeloste moorde en die ontvoering te ontdek.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Die spanning bereik ‘n hoogtepunt wanneer Hugo Storm naby is om die waarheid agter die vervalste dokumente, onopgeloste moorde en die ontvoering te ontdek.
Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.
Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.
Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap – net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo … of hoop dat sy hom lief kan hê?
Maats, kom deel in Xandri se atletiek-avonture en gaan saam met haar op haar avontuur-reis en leer ‘n waardevolle les om vreemdelinge nie te vertrou nie. Maak saam met haar nuwe maats met Sepie die seeperdjie en Dolfie die dolfyn wat haar red uit die monster-tande van Herman Haai.
Kom kleur jou verbeelding in met stories wat jy sal onthou.
“’n Paar inwoners van die dorp het blykbaar ook ‘n voorwerp waargeneem wat vinnig in die rigting van die koppie beweeg het …”Na die berig gelees is, besluit die drie maats om ondersoek te gaan instel na die bewerings. Watter wedervaringe wag op hierdie drie maats?
Het Adam regtig die krag om met bye te gesels? Indien jy nuuskierig is… lees die boek.
Die kinders besef nie watter avontuur vir hulle wag nie. Wie of watter dier se spore is daar in die grot? Wat doen die leeuwelpies in die grot, en die leeuwyfie? Is die kinders in lewensgevaar?
Wie gebruik nou ‘n kaart en ‘n kompas as hy wil kyk of hy ‘n skool wil koop?Kom lees saam aan hierdie avontuur wat die Bashoekers lekker aan die raai het.
‘n Vierkantige, donker opening is meteens sigbaar.Waarheen sou die geheime ingang lei en wat sou die twee ontdek? Is hulle in hulle avontuur opsoek na iets… dalk ‘n skat? En wat sou die ou koerant openbaar wat hulle weggesteek het om die aand in hul kamer te lees?
Het Karel werklik ‘n spook gesien?
Hoe gaan die kinders hierdie raaisel oplos?
Soos die nag nader sluip en met die storm dreigend in die nabyheid, probeer die kinders uitvind wat die betekenis van die windklokkies is, en die silhoeët in wit wat gedurig soos lokaas voor hulle tergend verskyn.
Vreemde dinge gebeur en natuurlik probeer die viermanskap hul bydrae lewer.Die maatskaplike werkster en haar takhaar mansvriend is ook nie so onskuldig nie. Die viermanskap span kragte saam, en bewys hul lojaliteit aan die skool en hul gemeenskap.
Bashoek tree trots uit die stryd.
Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.
Die storie gaan oor ‘n wanaangepaste 18-jarige seun wat kort ná sy 18de verjaarsdag van sy ouerhuis vir die langarm van die gereg moet vlug. Hy en sy hond Oudien beland op ‘n plaas in die suide van Suidwes waar hy probeer om ‘n nuwe lewe vir hulle te skep.
Ongelukkig gryp die noodlot in en hy moet opnuut die nag invlug.
Hoekom is ballet en mans al die jare taboe onderwerpe vir Keisha Botha? Wie is Rose-Anne se vader? Gaan hierdie begaafde meisie die kans kry om haar droom uit te leef?