Sterrevegters Boek 2. Die wraakneming
Price range: R114.00 through R286.00Sterrevegters is ’n ruimte-fiksie wat bestaan uit 5 boeke met episodes.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Sterrevegters is ’n ruimte-fiksie wat bestaan uit 5 boeke met episodes.
Sterrevegters is ’n ruimte-fiksie wat bestaan uit 5 boeke met episodes.
Sterrevegters is ’n ruimte-fiksie wat bestaan uit 5 boeke met episodes.
Die heelal is weer op die rand van vernietiging. Die vreesaanjaende planeet Ude Ramazor het reeds twee planete tot stof laat vergaan — en Talbot is volgende. Maar hierdie keer het die ander stelsels teruggeveg: ’n maan word omskep in ’n massiewe aanvalswapen, gereed om Ramazor uit te wis. Te midde van hierdie epiese ruimte-oorlog staan Kilner Valkener, ’n leier verteer deur wraak, en Anleen Lindor, die vrou wat hom liefhet, maar ook die sleutel tot sy ondergang dra. Wanneer liefde en lojaliteit bots, moet Anleen ’n onmoontlike keuse maak — om Kilner te red, of om die heelal van sy tirannie te bevry.
Intussen groei ’n nuwe generasie van vegters op: Zuraida, Niam en Michal. Hulle drome, geheime en dade gaan die sterre se toekoms bepaal. Bloed, verraad, passie en hoop meng in hierdie vyfde aflewering van die Sterrevegters-reeks — ’n avontuur so intens dat jy tot die laaste bladsy sal klou. Is daar nog plek vir liefde tussen die sterre? Of sal wraak en oorlog alles verteer?
’n Onmoontlike ontdekking verander alles: ’n reuse plat planeet, Altozaan, skuil in ’n versteekte heelal — en wat daarop wag, is dodeliker as enigiets wat die Sterrevegters al beleef het. Wanneer Admiraal Edric Icer alleen besluit om die vreemde planeet te verken, stap hy reguit in die kloue van Landoro Fargo, ’n wrede heerser wat homself as die enigste ware Kajolushka beskou. Hy word gevange geneem, gemartel en beroof van vryheid, moet Edric nie net teen ’n vyand veg nie, maar ook teen vrees self. Intussen waag Kaptein Willien Icer alles om haar seun te red, terwyl haar eie lewe stilweg aan ’n draadjie hang. Nuwe bondgenote word gemaak, onwaarskynlike liefde ontvlam, en ou vyande keer terug —gevaarliker as ooit. Wanneer magsbeheptheid, wraak en ambisie bots tussen die sterre, is ontsnapping nie genoeg nie. Sterrevegters Boek 6 is ’n donker, spanningsbelaaide hoofstuk waar oorlewing ’n prys het — en niemand ongeskonde bly nie. Is die sterre nog ’n toevlug… of ’n slagveld?
Vir John Opperman is sy miljoene nie die belangrikste ding in sy lewe nie, maar sy familie. Nada, is die liefde van sy lewe. Sy oudste dogter, Minda, getroud met Theo, is in bewaring van wildlewe. Sy jongste dogter, Yozel, is besig om met rasseskrede naam te maak in die eiendomsbedryf. Jonathan sy enigste seun, is nog op skool, maar word vreeslik bederf. Wat John nie weet nie, is dat sy geliefde vrou ʼn massiewe geraamte in die kas het. As dit op die lappe moet kom, sal dit hul hele familie vernietig. Wat is die geheim? Hoe hanteer die familie die ramp wat hul tref? Sal Yozel dit regkry om hierdie gesoute besigheidsman te oortuig om die eiendom te koop?
Die wonderwerk aan Andries gegun vir ‘n tweede kans op lewe asook die geleentheid gegun om Storm se gesin by te staan het my laat besef dat ek hierdie wonderlike verhaal moet deel.
Mag Andries se verhaal jou hart aanraak met hoop en vertroue in God. ‘n God van wonderwerke selfs vandag – ook vir jou lewe.”
Louw Erasmus se stories is meestal gesprekke met homself oor die alledaagse lewe. Gesprekke waarmee die leser hom/haar kan vereenselwig. Sy taalgebruik is alledaags met geen aansittery en mooi woorde nie. Die lewe soos dit is deur die oë en stem van ‘n man wat ‘n lewe wel geleef het. Deur swaarkry en goeie tye, hartseer en verlange neem Louw jou deur ‘n lewensreis en met ‘n les om te onthou in elke storie, wanneer jy eendag op oudag se stoep sit en terugdink… .
Wanneer jy die R555 uit Middelburg neem, ooswaarts, Steelpoort se kant toe, kronkel jy al langs Bothasberg af tot op Stoffberg, waar hierdie boek afspeel. Stofpadstories is ‘n bundel van vyf stories wat almal in dieselfde omgewing afspeel en op die een of ander wyse by mekaar aansluit.
Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.
Margaret Barnard neem die jongspan op ‘n verbeeldings reis met hierdie stories. In elke storie is daar ‘n les om te leer. Met die volkleur illustrasies kan dit kinders na ‘n droomwêreld van hulle eie neem.
Kinders wat lees, het baie ondersteuning en aanmoediging nodig. Storietyd met Margaret Barnard is spesiaal geskryf om jong kinders die plesier van lees en die deel van stories te laat ontdek.
Elsabé en Marnus se verhouding begin toe hy haar saamnooi plaas toe.
Vanaf die begin word misverstande tussen hulle, hul grootste vyand. Sy raak lief vir hom, tog wil sy nie haar vryheid prysgee nie.
Hulle paaie skei totdat die noodlot hulle, deur omstandighede buite hul beheer, weer saamgooi op haar broer se plaas.
Kan ‘n ongeluk, waar die sy die dood in die oë moet kyk en hulle liefde vir mekaar, hul weer herenig?
So beland hy en Klaas op Makierie se stoep met ‘n heerlike beker tuisgemaakte groentesop en vars gebakte brood. “Nee, die Here is goed vir my, Meneer Atta,” het Klaas gesels, met die sonsondergang se blink in sy oë. Probeer soos Atta wou, hy kon hom nie kry om die ‘Meneer’ te los nie. “Dis net die spook, maar sy pla nie elke nag nie. Jy weet Meneer, die skape hulle voel sulke goed. Dan is hulle onrustig. Die klein lammertjies bly roep en roep.” Atta onthou, ek het maar met ‘n halwe oor geluister, wetende hoe bygelowig baie van my eie mense is. Die ‘sy’ het my bietjie laat regop sit, spoke het meer dikwels geen geslag nie, asook die rigting waarin hy beduie het. “Margeret?”
Hierdie omvattende digbundel neem die mens op reis deur die lewe. Die seer, pyn, verlange, verwerping, hoogtepunte, laagtepunte en ook geluk wat die skrywer en duisende ander mense daagliks ervaar. Die gedigte is relevant tot vandag en in die bundel neem die skrywer haar en ander mense se lewens in oënskou.
Die rou emosies waarmee die skrywer skryf gee lesers ‘n onverbloemde blik op haar gedagtes en gevoelens en is die bundel geskik vir tieners tot veterane.
Mag hierdie bundel lig werp op die lesers wat soms in die donker wandel.
Eensaamheid dryf hom terug na van sy vorige verhoudings en verneem hy van sy oorhaastige optrede en die vraag is, gaan hy weer te laat wees. Sal hy uiteindelik besef dat sy droom werklik stukkend en tot niet is. Of sal hy weer die kans kry op ‘n nuwe droom en ware liefde.
Of jy nou self in die sekuriteitsbedryf was of nie, hierdie boek is ‘n absolute moet vir diegene wat bietjie meer wil weet van hoe dinge in daardie bedryf was deur die oë van die skrywer wat dit alles deurgemaak het. Dis ‘n boek gevul met ‘n lag, ‘n traan en ook ‘n paar senutergende oomblikke.